Olimpiese Spele: Die medaljeoes was ryk, maar …

Wayde van Niekerk. Foto: AP Photo/Natacha Pisarenko

Wayde van Niekerk. Foto: AP Photo/Natacha Pisarenko

Dit was een van die beste vertonings nóg deur ʼn Suid-Afrikaanse span op ʼn Olimpiese Spele, maar nou lê die harde werk eers voor.

Suid-Afrika het vanjaar in Rio de Janeiro tien medaljes (twee goud, ses silwer en twee brons) verower, dieselfde getal as in 1920 in Antwerpen (drie goud, vier silwer en drie brons) en weer in 1952 in Helsinki (twee goud, vier silwer en vier brons).

Suid-Afrika het vanjaar 30ste van die 205 lande geëindig wat deelgeneem het en van die Spele se grootste hoogtepunte is deur Wayde van Niekerk gelewer, wat die wêreldrekord in die 400 m op pad na sy goue medalje laat spat het.

Allerhande vergelykings word met vertonings op vorige Spele getref, maar Suid-Afrika het vanjaar minder goue medaljes as in 2012 in Londen (drie) en 1996 in Atlanta (drie) gewen. Dit beteken dat dit nie die mees suksesvolle Spele sedert 1920 was nie, want hoewel Suid-Afrika meer medaljes as in 1996 en 2012 gewen het, word lande geplaas volgens die goue medaljes wat hulle verower het.

Die goue medaljes is in atletiek (Van Niekerk en Caster Semenya) gewen, die vier silwer medaljes in swem (drie), atletiek (twee) en kanovaart (een), en twee brons medaljes (sewesrugby en driekamp vir mans).

Daar is groot vordering in die meeste sportsoorte gemaak, daar was ʼn paar vierde plekke en verskeie nasionale rekords het in die slag gebly.

Wat kommerwekkend is, was dat daar geen boksers was nie, waar Suid-Afrika nog altyd stem dik gemaak het. Ook in baanfietsry en in die aflositems.

Só ook sal die minister van sport, Fikile Mbalula, wat die Spele bygewoon het, sy besluit om ʼn verbod op die aanbied van internasionale atletiek-, rugby-, krieket- en netbalbyeenkomste te plaas, duidelik moet uitstippel.

Suid-Afrika se Olimpiese-span kom Dinsdagoggend 7:25 terug in die land aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

E.K. ·

Baie geluk weereens aan elke atleet. Lees my kommentaar onder die berig van Caster se wen.

Antoinette ·

Baie geluk aan elke atleet wat ons land se naam gaan verteenwoordig het by die Olimpiese Spele, dit was ‘n eer om julle talente te beleef, julle het hard gewerk en in die span gehoort. Ongelukkig is dit nog net sport wat Suid Afrika se kers laat brand. Wat vir my net hartseer is, is dat die span wat ons in die Olimpiese Spele verteenwoordig het met sulke afgeskeepte uitgewasde klere moes gaan deel neem. As hoof ekonomiese land in Afrika, sou ek graag wou dink dat ons klere mooier en helderder sou wees . Die ergste is dat ander Afrika lande se klere baie mooier was as Suid Afrika se klere. As jy mooi lyk, voel jy goed en probeer jy harder. Maar ja daar is so baie ander sportsoorte wat as die stiefkind in Suid Afrika behandel word. Dalk net eendag kan ons ok kers vashou by ander lande soos Amerika en Groot Brittanje. Ek hoop ek kan daai dag beleef.

Niel ·

Antoinette, ek wens saam met jou ek sal ‘n dag beleef waar SA sal kan meeding met miskien nie GB nie, maar met lande soos Duitsland, Frankryk, Japan en teen minste ons sport eweknieë Australië en New Zealand. Die problem is egter finansies. GB het ‘n baie suksesvolle beleggingsbenadering waar hulle baie geld investeer in die areas waar hulle sterk kandidate het. Vat bv baanfietsry, dink nie daar is ‘n land wat by GB sal kan kers vashou nie. Hulle belê al meer as 10 jaar in nie net die ontwikkeling van die atlete nie, maar ook in die tegnologie van die sport. Baie van die Lotto geld word daarin belê en dit is maar een voorbeeld. Wat doen die SA regering om sport te bevorder, veral ‘n sport soos atletiek wat ek redelik seker is nie deur kwotastelsels gerulleer te word om rasseteenwoordigheid te verseker nie. Indien atletiek die nodige bevondsing kry, infrastruktuur geskep word en atlete met talent gehelp word om daai talent te ontwikkel, dink ek sal SA ‘n sterk span saamvat na enige groot byeenkoms toe met baie meer sukses. Maar solank as wat die Nkandlas waar ‘n “Firepool” teen die prys van amper 4 standard Olimpiese swembaddens gebou word met staatsgeld kan ons sportmanne en vroue maar vergeet.

Henrietta Klaasing ·

Ek sal ook baie bly wees as FM kan verduidelik waarom vrouehokkie nie op die Spele kon deelneem nie, al het hulle gekwalifiseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.