Olimpiese Spele: Dis Dinsdag die naellopers se kans

LJ van Zyl (middel). Foto: ANA

LJ van Zyl (middel). Foto: ANA

Ná die hoogtepunte van Wayde van Niekerk se goue medalje en Luvo Manyonga se silwermedalje, was dit ʼn blou Maandag vir Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.

Agt atlete was in aksie en net drie kon die uitdunrondes oorleef.

LJ van Zyl (400 m-hekkies in 49.12) het die beste van die mans gevaar en is deur na die halfeindronde. Le Roux Hamman (49.72) en Lindsay Hanekom (50.22) het in dieselfde item vasgeval, maar Antonio Alkana het vergoed deur 21ste (13.64)  in die 100 m-hekkies te eindig om tot die volgende ronde deur te dring. Só ook Wenda Nel in die 400 m-hekkies vir vroue (55.55).

In die 200 m vir vroue het Justine Palframan (23.33) en Alyssa Conley (23.17) en ook Khotso Mokoena (16.51) in die driesprong uitgeval.

Die kollig is vroeg Woensdagoggend (01:35) op Sunette Viljoen wanneer sy haar aanslag op die spiesgooi vir vroue maak. Viljoen is ʼn jare lange staatmaker en kan weer ʼn medalje wen.

Van Zyl en Nel neem ook vroeg Woensdagoggend aan die halfeindrondes van die 400 m-hekkies deel.

Drie Suid-Afrikaanse blitse, Anaso Jobodwana, Clarence Munyani en Tlotsile (Gift) Leotlela, neem Dinsdagmiddag aan die uitdunrondes van die 200 m vir mans deel. Die groot kanonne Justin Gatlan en Usain Bolt is ook daar, maar veral Jobodwana kan ʼn bronsmedalje wen nadat hy goed op die Diamantligabyeenkomste gevaar het.

In die kanovaart neem Bridgitte Hartley Dinsdagmiddag aan die troos-eindronde van die 200 m-snelroei vir vroue deel. Sy het Maandag derde in haar halfeind geëindig (41.698) maar dit was net-net nie goed genoeg nie.

Hou dié Suid-Afrikaners Dinsdag dop:

14:40: Kanovaart vir vroue: 200 m-snelroei: Troos-eindronde: Bridgitte Hartley

16:57: Atletiek: Mans: 200 m-uitdunrondes (tweede uitdun):  Anaso Jobodwana

17:11: Vierde uitdun: Tlotsile Leotlela

17:25: Sesde uitdun: Clarence Munyai

01:35 (Wo): Vroue: Spiesgooi: Sunette Viljoen

02:05 (Wo): Verspring vir vroue: Lynique Prinsloo

02:17 (Wo): 400 m-hekkies vir vroue: Halfeindronde: Wenda Nel

02:42 (Wo): 400 m-hekkies mans: Halfeindronde: LJ van Zyl

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.