Olimpiese Spele: Fokus verskuif na rugby, roei en fietsryers

Suid-Afrika se Rosko Specman word geduik deur Frankryk se Vincent Inigo. Foto: AP Photo/Themba Hadebe

Suid-Afrika se Rosko Specman word geduik deur Frankryk se Vincent Inigo. Foto: AP Photo/Themba Hadebe

Chad le Clos en Cameron van der Burgh kon nie Dinsdag daarin slaag om nog medaljes vir Suid-Afrika in die swembad te wen nie en moet veral die Suid-Afrikaanse roeiers, sewesrugbyspan en fietsryers Woensdag die stang vasbyt.

Le Clos het Dinsdag vierde in die 200 m-borsslag geëindig terwyl Van der Burgh nie daarin kon slaag om vir die halfeindronde van die 200 m-borsslag te kwalifiseer nie.

Suid-Afrika het die toernooi baie goed afgeskop toe hulle Spanje (24-0) en Frankryk (26-0) uitgestof het. Die Blitsbokke het nog nie ʼn drie afgestaan nie en dit is moeilik om te sien hoe Australië in sy laaste wedstryd die Blitsbokke sal klop. Die kwarteindrondes vind Woensdagaand plaas.

Die individuele tydtoets vir vroue in fietsry word beslis waar Ashleigh Moolman-Pasio onder die top-tien kan eindig. Sy het tiende in die padren geëindig en die tydtoetsroete, wat baie klimme en nou paadjies insluit, behoort haar te pas.

Die Suid-Afrikaanse roeispan gaan van krag tot krag en verskeie halfeindrondes word beslis. Hou gerus die liggewig-skifroeispan van James Thompson en John Smith, wat ʼn goue medalje op die Spele in 2012 in Londen gewen het, dop.

Suid-Afrika se enigste judoka, Zack Piontek, kan in die 90 kg-afdeling verras.

Dan is daar ook nog die perderuiter Tanya Seymour en die seiljagvaarders Stefano Marcio, Asanathi Jim en Roger Hudson.

Hou dié Suid-Afrikaners Woensdag dop (SA tye): 

13:00: Fietsry: Individuele tydtoets vir vroue: Ashleigh Moolman-Pasio
18:30: Ruitersport: Tanya Seymour
13:50: Roei: Halfeindronde: Vroue-pare: Lee-Anne Persse en Kate Christowitz
13:50: Halfeindronde: Liggewig-skulroeiVroue-pare: Kirsten McCann en Ursula Grobler
14:20: Halfeindronde: Liggewig-skulroei vir pare: Mans: James Smith en John Smith
14:30: Halfeindronde: Mansviere: David Hunt, Jonathan Smith, Vincent Breet en Jake Green.
15:00: Judo: Mans (90 kg-afdeling): Zaci Piontek teen Camilio Tiago (Brasilië)
15:00: Sokker: Amaglug-glug teen Irak
16:30: Sewesrugby: Suid-Afrika teen Australië
18:15: Seiljagvaart: : Mans: Laser:  Stefano Marcia. 470-klas: Asenathi Jim en Roger Hudson
21:30: Kwarteindrondes (Suid-Afrika)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.