Olimpiese Spele: Goud in die sakkie; nog medaljes verwag

Bridgitte Hartley. Foto: Twitter

Bridgitte Hartley. Foto: Twitter

Pure goud! Ná Wayde van Niekerk se skittervertoning in die eindronde van die 400 m vir mans vroeg Maandagoggend, heers daar ’n nuwe gees van opgewondenheid in die Suid-Afrikaanse Olimpiese kamp.

Van Niekerk het vroeg Maandagoggend die sportwêreld laat gons ná sy nuwe wêreldrekord in die eindronde van die 400 m vir mans toe hy die legendariese Michael Johnson se rekord, wat reeds in 1999 opgestel is, verpletter het. Die nuwe rekordtyd is 43,03 sek.

Van Niekerk se prestasie het selfs die glans verdof van Usain Bolt se derde titeloorwinning in die 100 m vir mans wat net ná Van Niekerk se wedloop gehardloop is en beloof om een van dié prestasies van die Spele te wees.

Ná die silwermedalje van Luvo Manyonga in die verspring vir mans en Van Niekerk se goue medalje in die 400 m, spog Suid-Afrika nou met sewe medaljes (een goud, vyf silwer en een brons).

Die kollig verskuif later Maandag na die uitdunrondes van die 200 m vir vroue, 400 m-hekkies vir mans en vroue, driesprong en 100 m-hekkies vir mans.

Bridgitte Hartley begin ook haar aanslag in die kanovaart. Sy was een van die atlete op wie daar vooraf hoop gevestig is vir ʼn medalje. Hou haar gerus dop.

Lys van Suid-Afrikaners Maandag in aksie:

Atletiek: Uitdunrondes: 14:35: Vroue: 200 m: Alyssa Conley, Justine Palframan

Mans: 400 m-hekkies: 16:56: Le Roux Hamman. 17:03: Lindsey Hanekom. 17:10: LJ van Zyl

100 m-hekkies: 01:56 (Dinsdag): Antonio Alkana

Vroue 400 m-hekkies: 02:54: Wenda Nel

Driesprong: 14:30: Godfrey Mokoena

Kanovaart: Uitdunrondes: Vroue oor 1 000 m: 15:59: Bridgitte Hartley

Oopwaterswem: 14:00: Vroue 10 km: Michelle Weber

Seiljag: 470-klas: Asanathi Jim en Roger Hudson

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.