Olimpiese Spele: Nog ʼn silwermedalje vir SA

Lawrence Brittain en Shaun Keeling in aksie. Foto: AP Photo/Andre Penner

Lawrence Brittain en Shaun Keeling in aksie. Foto: AP Photo/Andre Penner

Suid-Afrika het pas sy derde medalje by die Olimpiese Spele in Rio verower.

Die derde medalje is weer in die water verower, maar hierdie keer nie in die swembad nie. Suid-Afrika se manspaar, Lawrence Brittain en Shaun Keeling, het tweede geëindig in die roei-eindstryd vir manspare in ʼn tyd van 7:02,51.

Nieu-Seeland se manspaar het met die goue medalje weggestap, terwyl Italië met brons tevrede moes wees. Dié item is die afgelope paar dae verskeie kere uitgestel weens die wind en slegte weer.

Suid-Afrika spog nou reeds met drie silwermedaljes nadat Cameron van der Burgh tweede in die 100 m-borsslag gekom het, terwyl Chad le Clos sy staal in die 200 m-vryslag gewys het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

E.K. ·

En hierdie is die MEES spesiale medalje van die Spele. 19 Maande gelede het Lawrence Brittain nog met fase 4 limfoonkanker geworstel en kyk wat het hy bereik. Wat ‘n inspirasie! Wat ‘n held! BAIE geluk manne julle ALBEI verdien dit. SO trots op hierdie spesifieke medaljes!

E.K. ·

…vingerfout – 18 maande gelede het hy met kanker ‘n stryd gevoer!

Jan maak n Plan ·

Hartlik geluk aan die twee roeiers, julle maak ons baie trots. En dan wil die raserige Fikile ook net alles transformeer.

I T Muller ·

Ek hoor net van transformeer en transformasie en het dit nie eers mooi verstaan nie . Maar nou het ek wel agtergekom dat dit wel beteken ek moet my besigheid of tewel my werk en my eiendom en besittings prys gee vir iemand wat agtergeblewe of te wel benadeel is.m

Winston ·

Wel gedaan manne. Jammer Kwagga wys toe hy raak te groot vir die spel,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.