Olimpiese Spele: Nóg ʼn silwermedalje vir SA

Le Clos in aksie. Foto: AP Photo/Matt Slocum

Le Clos in aksie. Foto: AP Photo/Matt Slocum

Suid-Afrika spog nou met twee medaljes by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro – weer ʼn silwermedalje en weer in die swembad.

Chad le Clos het tweede geëindig in die 200 m-vryslag en in die proses ʼn nuwe Afrika-rekord opgestel met sy tyd van 1:45:20.

China se Sun Yang het die gouemedalje gewen in ʼn tyd van 1:44:65 terwyl die Amerikaner Conor Dwyer met die derde plek tevrede moes wees in ʼn tyd van 1:45:23.

Le Clos het sowat ʼn uur ná die vryslag aan die uitdunne vir die 200 m-vlinderslag deelgeneem. Hy het derde geëindig in ʼn tyd van 1:55:19 en sodoende vir die eindronde gekwalifiseer. Hongarye se Tamas Kenderesi het die vinnigste tyd opgestel in 1:53:96 terwyl Amerika se Michael Phelps die tweede beste tyd aangeteken het in 1:54:12.

Die eindronde van die 200 m-vlinderslag is Dinsdagaand om 22:28 (Woensdagoggend 3:28 SA tyd).

Cameron van der Burgh het vroeg Maandagoggend Suid-Afrika se eerste medalje by die Spele gewen toe hy tweede geëindig het in die eindronde van die 100 m-borsslag in ʼn tyd van 58:69.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

snoefie ·

hoekom word sommige ertikels twee keer opgesit? almal sal steeds kan lees as dit net eenkeer is.

Wat-ek-lees ·

Omdat daardie ‘ertikel’ die hoofnuus is en mettertyd met ‘n ander vervang word. MM het dit al voorheen verduidelik.

jaco ·

Hoe het die 2 wit mans in ons olimpiese swemspan beland? Waar is die ANC-minister van sport se raskwotas dan nou?

Griet ·

Mooi so, Chad! Dit is die moeite wêrd om die berig tweekeer te plaas! Groetnis?

Zumie ·

Dalk het die Agbare Minister van Sport Chad se linkerbeen swart geverf…..

Jakes ·

As jy nie kwalifiserende tye swem nie kan jy nie deelneem nie. Niemand kan jou laat deelneem nie. Dis jy teen die stophorlosie. Spansport het nog altyd deelnemers toegelaat op grond van eksterne druk. Hoeveel seuns speel eerstespan oor n skenking aan die skool?

Marianne ·

Well done boytjie!
‘n medalja van watter aard ookal is ‘n wonderlike prestasie.

johann cb ·

Baie geluk Chad, Suid-Afrika en jou ouers is trots op jou! Dankie dat jy ons naam hoog hou en politiek ignoreer. Hou so vol. Sterkte.

Liewe lulu ·

Stunning nuus en voorwaar n trots vir SA maar opvallend hoe min SA deelnemers daar is weereens bewys as anc hul neus indruk maak hul gemors van als rassekwota was nie genoeg nie nê

E.K. ·

Het spesiaal vroeg opgestaan en dit gekyk! Wonderlike prestasie! Trots op elke Suid Afrikaner wat deelneem en veral medaljes kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.