Olimpiese Spele: Paar SA’ners hopelik vandag op die podium

Foto: AP Photo/Hassan Ammar

Foto: AP Photo/Hassan Ammar

ʼn Fees van sport is vandag op die Olimpiese Spele se spyskaart met die hoofdis die halfeindronde en eindstryd van die sewes-rugbytoernooi.

Span Suid-Afrika ding in ses verskillende sportsoorte mee en hopelik sal daar ʼn paar Suid-Afrikaners vanaand op die podium staan.

Die Blitsbokke, Brittanje en Fidji is die gunstelinge om met die goue medalje in die sewes-toernooi weg te stap. Die Blitsbokke het gistermiddag teen Australië in hul laaste groepwedstryd verloor, maar in gisteraand se kwarteindstryd die Aussies maklik getroef.

Suid-Afrika kom in die halfeindronde teen Brittanje te staan, wat steeds die enigste onoorwonne span is. Fidji, wat nog nie op al sy suiers vuur nie, meet kragte met Japan in die ander halfeindronde.

Brandon Stone en Jaco van Zyl begin die Suid-Afrikaanse gholfspan se aanslag wanneer hulle in die eerste ronde van die houespel-toernooi afslaan. Dit sal interessant wees om te sien watter trefkrag die gholftoernooi sal hê nadat verskeie van die wêreld se voorste spelers, soos Louis Oosthuizen, Brandon Grace, Jason Day, Jason Spieth, Rory McIlroy en Adam Scott hulle daaraan onttrek het.

As die wind en weer dit toelaat, sal die roeikompetisie, wat gister ʼn tweede keer afgelas is, voortgesit word.

Chad le Clos sal ná sy vierde plek in die 200 m-vlinderslag kans kry om dit in die 100 m-vlinderslag teen die Amerikaner Michael Phelps te wreek. Dit sal nie maklik wees nie, want Phelps is op die kruin van die golf.

Pluimbalgeesdriftiges kan hulle regskuif om Jacob Maliekal, wat in China woon en  voorberei, in die eerste ronde in aksie te sien teen Wan Ho Sun van Korea.

Lys van Suid-Afrikaners Donderdag in aksie:

 

Gholf-afslaantye: 13:52: Brandon Stone. 14:25: Jaco van Zyl

Sewesrugby: 20:00: Halfeindronde: Suid-Afrika t. Brittanje 24:00: Eindstryd

Pluimbal: 14:25: Eerste ronde: Jacob Maliekal t. Wan Ho Sun (Korea)

Roei:   14:50: Vroue: liggewig-skulroei: Kirsten McCann en Ursula Grobler

14:20: Mans: liggewigskulroei: James Thomson en John Smith

14:30: Mans: Viere: Halfeindronde: David Hunt, Jonathan Smith, Vincent Breet, Jake Green

15:44: Mans: Pare-eindstryd: Lawrence Brittain en Shaun Keeling

Swem: 18:14: Uitdunne: Mans: 50 m-vryslag: Doug Erasmus

18:16: Brad Tandy

19:28: Mans: Uitdunne: 100-vryslag: Chad le Clos

04:34: Halfeindronde (Le Clos)

Seiljag: 18:15: 470-klas: Stefano Marcia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ouma mix ·

Wanneer begin die atletiek by Rio dan? Ons kani wag vir die atletiek nie

OOk opgewonde ·

Ek is ook opgewonde vir die atletiek, maar laat ons net eers die rugby en swem , roeie, pluimbal etc eers geniet!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.