Suid-Afrika is amptelik op die medaljetabel by die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro.
Cameron van der Burgh het Suid-Afrika se naam hoog gehou in die swembad, toe hy tweede geëindig het in die eindronde van die 100m-borsslag om die silwermedalje te wen in ʼn tyd van 58:69.
Hy het tweede in die uitdunne vir die 100m-borsslag geëindig.
Van der Burgh, wat goud gewen het by die 2012 Olimpiese Spele, het gesê hy is trots op sy vertoning. Hy is Dinsdag weer in aksie in die uitdunne van die 200m-borsslag.
Brittanje se Adam Peaty het die 100m-borsslag in ʼn wêreldrekordtyd van 57:13 gewen. Dit is die eerste keer wat die 21-jarige aan die Olimpiese Spele deelneem. Die Amerikaner Cody Miller het brons gewen in ʼn tyd van 58:87.
Fantasties Cameron, jy is ñ ster! Sterkte met die volgende swem.
Well done, Peaty.
Mooi man. Trots Suidafrikaans.
Baie geluk Cameron! Die hele Suid Afrika is trots op jou.
Baie baie geluk met jou puik prestasie!Sterkte vorentoe!
Baie trots op jou en Geluk
Baie Geluk Cameron!!! Sterkte jou volgende item!!
Baie trots op Cameron! Mooi so en sterkte vir al ons ander atlete vir wat voorle!
Baie geluk Sterkte vir die volgende een
Trots op Cameron. Daai rooinek is ‘n “freak”
Hy verdien die WEN, Sterkte vir die res.
What a boytjie!!!!
Soos ‘n vis in die water.
Geluk Cameron jou yster!
Vandag wil ek plagiaat pleeg, Marianne, perfek ek stem saam, my presiese woorde toe ek hierdie nuus kry! Go Cameron, so bly vir jou!
Mooi so, ou Grootte! ?
Puik ! Baie trots !