Olimpiese Spele: SA se oë en hoop op Wayde

Wayde van Niekerk (Foto: @WaydeDreamer, Twitter)

Wayde van Niekerk (Foto: @WaydeDreamer, Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese span is steeds op soek na sy eerste goue medalje nadat die roeiers Vrydagmiddag misluk het.

Chad le Clos het darem vroeg Saterdagoggend die pyn effens verlig toe hy sy tweede silwermedalje (100 m-vlinderslag) gewen het. Dit het die span se totaal op vyf (vier silwer en een brons) te staan gebring.

Die 400 m-atleet Wayde van Niekerk het, ook vroeg Saterdagoggend, sy uitdun in die 400 m in 45.27 gewen en is gewis die groot gunsteling om die droogte te breek. Hy neem vroeg Sondagoggend aan die halfeindronde deel.

Suid-Afrikaners is Saterdag in net drie sportsoorte in aksie. Die derde ronde van die houespel-gholftoernooi word beslis en die twee Suid-Afrikaners, Jaco van Zyl (145) en Brandon Stone (147), is reeds uit die wedloop en ver agter die voorloper, Marcus Fraser van Australië (132).

Die seiljagvaarder Stefano Marcia se aanslag kom Saterdag tot ʼn einde.

Op die atletiekbaan vind verskeie uitdunne en eindrondes plaas, waarvan Van Niekerk en die 800 m-atleet Rynardt van Rensburg se vordering met aandag gevolg sal word.

Hou dié Suid-Afrikaners Saterdag dop:

 Atletiek: 16:00: Uitdunne: Vroue 400 m: Tsholofelo Thipe en Justine Palframan.

17:00: Mans 100 m: Henricho Bruintjies en Akana Simbine.

20:30: Mans 400 m: Wayde van Niekerk.

01:53 (Sondag): Mans Verspring: Luvo Manyonga en Ruswahl Samaai.

02:00: Vroue 100 m: Halfeindronde: Carina Horn.

02:27: Mans 10 000 m: Eindronde: Stephen Mokoka.

03:08: Mans 800 m: Halfeindronde: Rynardt van Rensburg.

Gholf: Derde ronde van houespeltoernooi: Jaco van Zyl en Brandon Stone.

Seiljag: 18:05: Mans: Laser: Stefano Marcia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marianne ·

DIE DOEL VAN OLIMPIALE IS SEKER DIE EER AAN DEELNAME??? MAGGIES NET OM DAAR TE WEES IS REEDS ‘n KOLLESALE PRESTASIE!
Is ‘n medalja Dan nie net ‘n aanspooring of bonus nie???
Elke deelnemer al Kom Hy of sy heel laaste gee hul beste vir hulself en hul land.
Geluk aan al ons spanlede.
Wees veilig en geniet die spele!

Leon ·

‘n Mens moet dit seker in konteks lees, maar dit klink kru om te sê “die roeiers het misluk”.

Kobus ·

‘n Duitser, die jonger broer van die olimpiese kampioen in diskusgooi, het vandag homself oortref, hy het goud gewen, sy ouer broer het die vorige rondte uitgeval. Hy het ‘n sprankel persoonlikheid, ons was almal in ekstase toe hy met die laaste gooi wen. Toe word die medaljes uitgedeel. Hy het agter die podium sy vreugde uit bassuin. Na hulle die medales ontvang het, draai hulle regs vir die nasionale volkslied, hy sit sy medalje op die poduim voor hom neer, gaan staan regop met sy hande in die sye, kyk na die mense, terwyl sy volkslied speel, met ‘n smalende uitdrukking op die gesig. Hy het op die mense neergekyk. Wat ‘n skandelike voorbeeld het hy nie gestel nie. As ek Duitsland se sportfederasie is, vat ek sy medalje weg en skors hom verewig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.