Olimpiese Spele: Saterdag se uitslae en Sondag se program

Foto: Xinhua/Li Ga

Foto: Xinhua/Li Ga

Hy was in die agtste plek in die Tour de France, sewende in die Olimpiese Spele se padren, maar kon steeds gʼn podiumplek behaal nie.

Suid-Afrika se Louis Meintjes (24), wat meer op sy gemak in die berge is as op die pad, het Saterdag net 22 sekondes agter die Belg Greg van Avermeat klaargemaak in die Olimpiese Spele se padren oor 237 km by die Copacabana-strandfront in Rio de Janeiro.

Die silwermedalje het aan Jakod Fugslang van Denemarke behoort en Rafal Majka van Pole was derde.

“Hopelik sal die (res van die SA) span op my vertoning kan voortbou,” het Meintjes volgens Saskok se Olimpiese webwerf gesê. “Dit dit was regtig ʼn lang en warm rit.”

China vier hul oorwinning oor Banyana Banyana. Foto: Xinhua/Lui Siu Wai

China vier hul oorwinning oor Banyana Banyana. Foto: Xinhua/Lui Siu Wai

♦  Dinge het Sondagoggend vroeg verkeerd verloop vir Suid-Afrika se vroue-sokkerspan toe China hulle met 2-0 geklop het. Nadat Banyana Banyana hul eerste wedstryd teen Swede verloor het, beteken dit die span kan nie meer vir die uitspeelrondes kwalifiseer nie.

Die twee Suid-Afrikaanse roeiers, Lawrence Brittain en Shaun Keeling, het tweede in hul uitdun van die 2 000-m vir pare in ʼn tyd van 6:41:42 geëindig. Australië was die vinnigste, Nieu-Seeland derde en Frankryk vierde. “Ons weet ons kan nog beter doen,” het Keeling gesê. Hier kan straks ʼn ding kom…

Foto: Twitter

Foto: Twitter


♦ Op die swemfront het Cameron van der Burgh tweede in sy uitdun vir die 100m-borsslag geëindig, maar Michael Meyer (ondanks ʼn nuwe nasionale rekord) en Sebastien Rousseau (albei 400m- individuele wisselslag) en ook Myles Brown (12de vinnigste in die 400m-vryslag) kon nie vir die halfeindrondes kwalifiseer nie. Van der Burgh het vroeg Sondagoggend (derde) vir die eindronde gekwalifiseer.

Die artistieke gimnas, Ryan Patterson, kon dit Saterdag ook nie maak nie.

Suid-Afrikaners Sondag (Suid-Afrikaanse tyd) in aksie:

Fietsry: 17:15: Padren vir vroue (Ashleigh Moolman-Pasio en An-Li Kachelhoffer)

Roei:     15:20: Uitdunne:  Vroue (pare) Lee-Ann Persse en Kate Christowitz

                16:00: Uitdunne: Vroue: Liggewig-skulroei: Kirsten McCann en Usrula Grobler

                16:50: Uitdunne: Mans: Liggewig-skulroei: James Thomson en David Smith

                17:20: Uitdunne: Mans (Viere): David Hunt, Jonathan Smith, Vincent Breet en Jake Green

Sokker: 24:00: Mans: SA teen Denemarke

Swem: 18:39: Uitdunne: Mans 200m-vryslag (Chad le Clos en Myles Brown).

                19:25: Uitdunne: Mans 100m-rugslag: Christoper Reid

                22:20  Halfeindronde: Mans 200m-vryslag – 05:20. Eindronde: 100m-borsslag (Cameron van der Burgh).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E.K. ·

Dankie Maroela! Hou ons asb elek dag op hoogte vir daardie dag se optredes van ons atlete. Ons bly maar hoop en duimvashou vir medaljes!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.