Olimpiese Spele: Só lyk Dinsdag se program

Foto: AP Photo/David Goldman

Foto: AP Photo/David Goldman

Dit bly ʼn raaisel waarom rugby vir jare lank nie by die Olimpiese Spele gespeel is nie.

Die horlosie word van Dinsdagmiddag in Rio de Janeiro na 1924 teruggedraai toe die VSA die gouemedalje gewen het. Nadat Australië se vrouespan Nieu-Seeland Maandag met 24-17 in die eindstryd geklop het, is die mans van Dinsdag tot Donderdag in die kollig.

Die Blitsbokke speel Dinsdag twee keer, die middag teen Spanje en Dinsdagaand teen Frankryk.

♦  Nadat Chad le Clos vroeg Dinsdagoggend Suid-Afrika se tweede silwermedalje (in die 200 m-vryslag), gewen het, verskuif die aandag terug na Cameron van der Burgh, wat ʼn aanslag in die 200 m-borsslag maak.

Le Clos swem Woensdagoggend (SA tyd) in die eindronde van die 200 m-vlinderslag nadat hy in die halfeindronde derde ná die Hongaar Tamas Kenderesi en die Amerikaner Michael Phelps geëindig het.

♦  Die Suid-Afrikaanse roeiers het Maandag puik in die uitdunne gevaar en kan Dinsdag daarop voortbou.

♦  Die doellose Banyana Banyana-sokkerspan kom teen Brasilië te staan. Wen of verloor, Janie van Wyk-hulle kom binne die volgende paar dae huis toe. Die vraag is, sou die Suid-Afrikaanse hokkiespanne enigsins swakker op die Spele gevaar het? Húlle is immers veel hoër op die onderskeie ranglyste.

En vir diegene wat van seiljag hou, Stefano Marcia is in die laser-afdeling in aksie.

Lys van Suid-Afrikaners wat Dinsdag (SA tyd) in aksie is:

Rugby:

16:30: Suid-Afrika teen Spanje.

21:30: Suid-Afrika teen Frankryk

Swem:

19:00: Uitdunne: Mans: 200 m-borsslag: Cameron van der Burgh en 19:05: Jarred Crous

19:17: Uitdunne: Mans: 4 x 200 m-vryslag

03:28: Eindronde: Mans: 200 m-vlinderslag (Chad le Clos)

04:03 en 04:12: Mans: Halfeindronde: 200 m-borsslag (Van der Burgh en moontlik Crous)

Sokker:

01:00: Banyana Banyana teen Brasilië

Roei:

15:00: Mans: Halfeindronde: Pare (Lawrence Brittain en Shaun Keeling)

17:00: Mans: Viere Repechage: David Hunt, Jonathan Smith, Vincent Breet, Jake Green

Seiljag:

18:15: Laser: Stefano Marcia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.