Olimpiesie Spele: Twee dae, een medalje

Caster Semenya (Argieffoto)

Caster Semenya (Argieffoto)

Nog net een medalje! Dít is waarna die Suid-Afrikaanse Olimpiese span Saterdag en vroeg Sondagoggend streef om by tien medaljes uit te kom.

Dit is die magiese getal wat Suid-Afrika in 1920 in Antwerpen en weer in 1952 in Helsinki verower het.

Tensy iets drasties verkeerd loop, kan Caster Semenya die goue medalje in die 800 meter vir vroue wen. Sy lyk gans te sterk vir haar mededingers, is op peil, het die vinnigste tye in die uitdunne en halfeindronde aangeteken terwyl dit voorgekom het asof sy haar glad nie ingespan het nie.

Elroy Gelant spring in die eindronde van die 5 000 m vir mans weg, maar hy het ʼn yslike taak teen onder meer Mo Farah (Brittanje) en Bernard Lagat, wat deesdae vir Amerika deelneem.

Ná Henri Schoeman se welslae in Donderdag se driekamp vir mans, kan Mari Rabie en Gillian Ferguson Saterdag hul name in die driekamp vir vroue verewig.

Paula Reto (209) en Ashleigh Simon (221) slaan in die laaste ronde van die vroue-gholftoernooi af. Reto vaar hoe beter namate die toernooi vorder, maar sy sal ʼn 65 of minder moet aanteken om Inbee Park (202), Lydia Ko en Gerina Piller (albei 204), Shanshan Feng (205) en Amy Yang, Charley Hull en Chung In-Gee (almal 208) in te haal.

Hou dié Suid-Afrikaners Saterdag dop:

Gholf:
12:00: Laaste ronde van vroue-houespeltoernooi: Paula Reto en Ashleigh Simon

Driekamp vir vroue:
16:00: Mari Rabie en Gillian Ferguson

Atletiek:
02:25: (Sondagoggend) Eindronde: 800 m vir vroue: Caster Semenya
02:35: 5 000 m vir mans: Elroy Gelant

Bly op hoogte met die Olimpiese Spele 2016 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trots SA ·

GOUD Caster!!Trots op jou jy’t dit so maklik laat lyk..Nogmaals geluk..

Kobus ·

Testosteroon maklik, sy het haar nie eens uitgesit nie. die Engelse sê, “on the trot”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.