Olivier onder top-20 boulers

Duanne Olivier. Foto: Sporting News.

Groblersdal het in Jaco van der Westhuysen ’n Springbok en Superrugbywenner gehad, nou het hulle ook ’n toetsbouler onder die top-20 in die wêreld!

Duanne Olivier is volgens die jongste IKR-ranglys die 19de beste toetsbouler in wêreldkrieket ná hy sterk teen Pakistan en Sri Lanka vertoon het.

Veral sy aggressie en kort aflewerings het van hom ’n faktor in die toetse gemaak.

Kagiso Rabada is egter nie meer die voorste toetsbouler nie. Dié eer kom nou Australië se Pat Cummins toe, met Rabada in die derde plek.

Vernon Philander beklee die vierde plek, met Dale Steyn – wat onlangs van ’n besering teruggekeer het – in die 28ste posisie.

Hashim Amla se swak vertonings met die kolf – hy het in die afgelope toetsreeks teen Sri Lanka ’n gemiddeld van 12.75 gehad – sorg dat hy na die 15de plek met 664 punte teruggesak het. Net ’n paar seisoene gelede het die 35-jarige se kolf 907 punte geflits.

Quinton de Kock, Aiden Markram en Faf du Plessis is die Protea-kolwers onder die top-10.

  • Kolwers:

Virat Kohli (Indië)

Kane Williamson (Nieu-Seeland)

Cheteshwar Pujara (Indië)

Steve Smith (Australië)

Henry Nicholls (Nieu-Seeland)

Dave Warner (Australië)

Aiden Markram (Suid-Afrika)

Quinton de Kock (Suid-Afrika)

Faf du Plessis (Suid-Afrika)

  • Boulers:

Pat Cummins (Australië)

James Anderson (Engeland)

Kagiso Rabada (Suid-Afrika)

Vernon Philander (Suid-Afrika)

Ravindra Jadeja (Indië)

Trent Boult (Nieu-Seeland)

Jason Holder (Wes-Indië)

Mohammad Abbas (Pakistan)

Tim Southee (Nieu-Seeland)

Ravichandran Ashwin (Indië)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.