Olivier verlore vir SA-krieket

Duanne Olivier het ’n Kolpak-kontrak met Yorkshire onderteken. Foto: Cricinfo.

Ten spyte van die feit dat Krieket Suid-Afrika (KSA) vir Duanne Olivier ’n nasionale kontrak van twee jaar aangebied het, het hy steeds ’n Kolpak-kontrak met die Engelse graafskap, Yorkshire, onderteken.

Olivier sou vroeër vanjaar nie deel van die toetsreeks teen Pakistan gewees het nie, maar Vernon Philander en Lungi Ngidi se beserings het die pad vir die Bloemfonteinse blits gelyk gemaak om weer toetskrieket vir die Proteas te speel.

En hóé het hy nie sy geleenthede aangegryp nie. In drie toetse teen Pakistan het hy 24 paaltjies geneem om as die speler van die reeks aangewys te word. In die onlangse Protea-fiasko teen Sri Lanka het hy steeds sewe paaltjies laat kantel.

“My besluit mag dalk moeilik wees vir sommiges om te verstaan, maar om ’n professionele sportman te wees, is ’n korttermynloopbaan en om my geleenthede die beste te benut, moes ek alle opsies oorweeg het,” het Olivier op Instagram gesê.

“Dit is die moeilikste besluit van my lewe en ek verwag nie dat KSA daarmee sal saamstem óf dit sal verstaan nie.”

Die Protea-afrigter, Ottis Gibson, het sy misnoeë met Olivier se besluit uitgespreek, veral omdat Olivier se kartetse en aggressie baie tot die Proteas se sukses met die bal bygedra het. ’n Snelboulaanval van Dale Steyn, Vernon Philander, Kagiso Rabada en Olivier was iets waaroor die meeste spanne net kon droom.

“Ons is teleurgesteld in Duanne se besluit om ’n Kolpak-kontrak te onderteken. Hy was ’n sleutelfiguur in ons span en was sonder twyfel een van die sterre.”

Olivier se nasionale kontrak sou hom tot 2021 deel van die Protea-opset gemaak het.

KSA se groot baas, Thabang Moroe, was krities oor Olivier se besluit en het gesê dat Olivier baie geleenthede die afgelope paar maande gekry het om sy droom as internasionale speler te verwesenlik.

Yorkshire Krieketklub se direkteur, Martyn Moxon, was verheug dat die 26-jarige snelbouler by die klub aangesluit het.

“Hy het vir drie jaar geteken, maar ons hoop dat dit ’n langtermynkontrak sal wees.”

  • Twee-en-veertig Suid-Afrikaanse spelers het al die Kolpak-roete gevolg om hul loopbane in Engeland voort te sit. Onder die bekendes is Rilee Rossouw en Kyle Abbot.
  • Olivier het in 10 toets 48 paaltjies vir die Proteas geneem teen ’n gemiddeld van 19.25. Hy is onder die top‑20 toetsboulers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anoniem ·

Hy het seker besef dat hy deur SA krieket as die 5de beste snelbouler gereken word na Steyn, Rabada, Philander en Ngidi en moes dus sy opsies oophou. SA krieket kan hom nie kwalik neem oor sy besluit nie.

JohanL ·

Stem 100% saam Manie. Veral as mens kyk na die “tipe” snelbouler waar hy as skokbouler gebruik is, val hy ongelukkig laaste in die tou na Steyn (wereldklas), Rabada (goed en velkleur) asook Nigidi (net so goed soos Oliver en velkleur). Hy sou of moes wag vir iemand om beseer te word of hy sou so 1 toets ‘n reeks gespeel het as daar “dooie” toetse in reeks oor was.

Judge Dredd ·

Wees eerlik – as Vernon en lungi nie beseer was – sou Olivier nogsteeds ‘n kans gekry het?

Die Proteas en Eskom is dieselfde – as dinge moeilik raak dan is wit spelers goed genoeg – andersins soek hulle naarstigtelik om ‘n anderskleurige in jou plek te plaas.

Hendrik UAE ·

Wel deurdagte besluit. Maak sin om te gaan speel waar jy vir jou prestasie gekies word en nie net goed genoeg is as instaan bouler nie.

Spike ·

Duanne, regte besluit. ksa en sa verdien jou nie. Gaan maak vir jou plek in 1ste werêldse lande.

Spike ·

Ek wens alle kwota benadeelde spelers van alle ander sportsoorte wil 1ste werêld toe gaan. Los sa dat hulle hier bly en agter bly.

Martiens ·

Stem, gun hom die geluk wat hy hier nie sou kry, en finansieel 1000 keer beter af. Ek kan nie glo dat die ringkoppe hom kritiseer nie !!! Selfde met AB. Betaal hul beter en hulle sal bly. Hulle tipe hou paviljoene vol.

Nico ·

Duanne ek glo jy het die regte besluit geneem. Ek wil soos soveel keer in die verlede weer elke jong blanke seun aanmoedig om sodra hulle graad 12 klaar geskryf het dadelik oorsee te gaan as hulle dink hulle het ‘n loopbaan in professionele sport. Daar sal hulle op meriete gekies word en nie soos hier in SA reserwes wees vir die swart spelers nie. Vat maar vir KP on krieket en oa CJ Stander al het hy amper te lank gewag. Die seun wat verlede die stap geneem het, het die voorbeeld gestel. Ek meen hy is van PTA. Ek sien uit na die dag dat ‘n oorseese land ons op die sport veld klop met ons eie seuns.

Dirk Kruger ·

Al ons krieket ouers by Centurion Hoerskool is ongelooflik trots op jou jong man. Jy is n wonderlike rolmodel vir al ons seuns wat nog by Woeries krieket speel. Inteligente besluit glo my as jy lojaliteit van KSA verwag, beveel ek aan jy koop hond.

janneman ·

Watse trots is daar in elk geval om vir jou land te speel met al die gemors wat om ons aangaan . Regte besluit Duanne, speel vir jou toekoms waarvoor jy hard voor gewerk het, want hulle voel ‘n veer net soos ons regering voel.

Sam ·

Ek dink hy het besef wat se verleentheid dit is om met die Proteas (of is dit ”chokers”) geassosieer te word.Baie goeie besluit jong man , jy het die talent , gebruik dit.

Pieter ·

Mooi so Duanne, jou talente is vermors op die verlepte proteas.

Sinies ·

KSA moet maar leer lojaliteit is n twee rigting proses.
.
Neem die besluit i.t.v. jou persoonlike beste belang.
Geniet die uitdaging wat voor jou lê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.