Oud-WP-man help Switsers tot groot sege brei

Eric Mellville (Foto: blog-rct.fr)

Eric Mellville (Foto: blog-rct.fr)

`n Gewese lid van die Westelike Provinsie se B-span het as hulpafrigter bygedra tot die Switserse span se wegholoorwinning van 54-18 Saterdag in Genève oor Oekraïne in die reeks om die Rugby Europatrofee.

Eric Mellville, wat ná sy Kaapse dae Frankryk as agsteman verteenwoordig het, is aan die begin van die huidige seisoen as hulpafrigter van die Edelweisse aangestel.

Hy het sedert sy speeldae verskeie Franse klubs afgerig.

Spruitende uit die oorwinning is Switserland tans derde (ná Portugal en Nederland) uit die ses spanne in die reeks. Hy is `n enkele ligapunt – tien teenoor nege – ná Nederland, wat eweneens twee uit sy drie wedstryde dusver gewen het.

Die Switsers is pas tot die reeks bevorder nadat hulle verlede seisoen Groep 2A gewen en tot Groep 1B bevorder is. Die reeksbenamings is intussen verander.

♦ In die reeks om die Rugby Europa-kampioenskap, die vlak net onder die Sesnasiesreeks, het Georgië sy oorheersing voortgesit deur Rusland 28-14 in Tbilisi te klop (rustyd 14-0).

`n Skare van 55 000 het die stadion volgepak.

Die wedstryd in die vyfde ronde tussen Georgië en Roemenië in Boekarest, Roemenië, sal vanjaar se kampioen bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.