Pollock meen Proteas kan WB wen

 

Shaun Pollock. Foto: Cricinfo.

Shaun Pollock, die voormalige Suid-Afrikaanse krieketkaptein, het sy gewig agter Faf du Plessis en sy manne gegooi om goed te vaar in die komende krieketwêreldbeker.

Dié toernooi word van 30 Mei tot 14 Julie in Engeland en Wallis aangebied.

“Daar is absoluut geen rede waarom die Proteas dit nie kan wen nie,” het Pollock gesê.

“Dit is so dat daar tans ’n paar sterk spanne die ronde doen. Maar ons het gedink ons het al vantevore die wenformule onder die knie gehad en dit het dan glad nie uitgewerk nie.

“Daar is dus absoluut geen rede waarom hierdie span nie met die regte strategie vorendag kan kom, die belangrike oomblikke in elke wedstryd wen én met die trofee huis toe kom nie.”

Beuren Hendricks is een van die aanspraakmakers om Meimaand na Engeland te vertrek. Foto: GB Jordaan.

Volgens die 45-jarige Pollock was Suid-Afrika se beste wêreldbekervertoning in 1999 toe die span Australië in die halfeindstryd aangevat het.

Die wedstryd het destyds op dramatiese wyse gelykop geëindig, maar die Aussies het vir die eindstryd gekwalifiseer omdat hulle die Proteas vroeër in die Super Ses-fase geklop het.

“Dit was altyd baie spesiaal om saam met Suid-Afrika na die wêreldbeker te gaan. Ons het altyd die potensiaal gehad om die beker te wen.

“Ons het waarskynlik die beste in 1999 gespeel, maar ongelukkig het daardie gelykop uitslag ons drome gekelder.

“Die wêreldbeker is soos die Olimpiese Spele van krieket. Dit is waar jy jou teen die bestes meet om te sien of jy bo kan uitkom,” het Pollock gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anoniem ·

Net verlede week het Pollock gesê dat Indië en Engeland die gunstelinge is om die WB te wen, wonder wat het hy intussen gedrink.

Robert ·

Manie; daar is verskil tussen die gunsteling wees en kans hê. Hy is altyd sober:-)

Michael ·

Ja so hoor ons van 1992 af. Almal meen SA kan die W B wen

Judge Dredd ·

Natuurlik het elke span ‘n kans om die wereldbeker te wen – wiskundige kans altans.

Willem ·

Pollock meen verkeerd. Om n wêreldbeker te wen moet jy n 5 wedstryd reeks op tuisbodem baie meer gemaklik wen as met net 3-2. Onthou 1 verloor in uitkloprondtes en jou tasse is gepak. Ek glo ook nie Pakistan is die sterkste ODI span nie. Kan nie sien hoe SA Indië kan wen nie.

Nico ·

Pollock solank as SA altyd net op een kolwer staat maak vir lopies en dotdat hulle nie gaan leer om fie stert kolwers vroeg uit te haal nie sal hulle bly choke en met ‘n kaptein wat dink hy is mnr. krieket sal dit maar swaar gaan.

Jerry ·

Nee wat ons Choke as daar druk is. Pakistan en Austalie is goeie voorbeelde van hoe en wanneer daar gewen moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.