Proteas steier in Durban

Sri Lanka se snelbouers het drie vinnige Proteapaaltjies geneem. Foto: Cricinfo.

Die bewolkte weer – wat snelboulwerk bevoordeel – het die Proteas op die agtervoet geplaas op die eerste dag van die openingstoets teen Sri Lanka in Durban.

Sri Lanka het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Die besluit het onmiddellik vrugte afgewerp en Dean Elgar, Hashim Amla en Aiden Markram is terug in die kleedkamer vóór sewe boulbeurte voltooi is.

Temba Bavuma (25*) en Faf du Plessis (22*) is tans voor die paaltjies met die Protea-telling op 63/3.

Kolwers is maar yl gesaai in die Protea‑span om hul snelboulers te akkommodeer en Vernon Philander kolf op nommer sewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veritas ·

Toemaar die Sri Lanki’s moet nog kolf en die blad gaan sleg verweer. ‘N errstebeurt- telling van 250 gaan genoeg wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.