Proteas vol onsekerhede voor Ierland-stryd

Faf du Plessis

Faf du Plessis

ʼn Proteaspan vol onsekerhede begin Sondag op Willowmorepark, in Benoni, hul lang krieketseisoen met ʼn eenmalige eendaagse wedstryd teen Ierland.

AB de Villiers se elmboog is steeds nie gesond nie. Hy moet vroeg volgende week ʼn fiksheidstoets ondergaan om uitsluitsel te kry oor sy deelname aan die Australiese eendagreeks, wat Vrydag op SuperSportpark begin.

De Villiers ondervind steeds geweldige pyn wanneer hy sekere kriekethoue slaan. Indien hy nie die fiksheidstoets slaag nie, is die chirurg se skalpel sy voorland. Dit sal beteken dat hy ook die toer na Australië in November misloop.

Rilee Rossouw is in De Villiers se plek in die groep ingesluit.

Hashim Amla is ook nie beskikbaar vir die wedstryd nie, aangesien hy op die geboorte van sy derde kind wag. Morné Morkel sukkel steeds met ʼn rugbesering en is ook nie vir die eendagreeks teen Australië oorweeg nie. Nóg ʼn snelbouler, Chris Morris, sal twee maande langs die kantlyn  sit met ʼn kniebesering.

Temba Bavuma se goeie tegniek en temperament sal hom moontlik as aanvangskolwer sien diens doen, ook om hom kans te gee om sy voete te vind in die eendagformaat.

Dwaine Pretorius, nog ʼn nuweling wat net vir die Ierse wedstryd in die groep was, is ná Morris se kniebesering ook in die groep vir die wedstryde teen Australië ingesluit.
Wayne Parnell is ook terug in die groep.

Suid-Afrika het reeds vier keer in eendagwedstryde teen Ierland gespeel en almal gewen. Hulle kan egter nie laat slaplê nie. Ierland is ʼn gemotiveerde span, wat graag hul 12de posisie op die ranglys vir eendagstryde wil verbeter. Hulle speel ook Dinsdag op Willowmorepark, teen Australië.

Faf du Plessis is in die afwesigheid van AB as kaptein aangewys en die res van die span sal voor die wedstryd gefinaliseer word.

Die groep spelers vir die wedstryd –

Temba Bavuma (Highveld Lions), Farhaan Behardien (Titans), Quinton de Kock (Titans), JP Duminy (Cape Cobras), Faf du Plessis (Titans, kapt), David Miller (Knights), Wayne Parnell (Cape Cobras), Aaron Phangiso (Highveld Lions), Andile Phehlukwayo (Dolphins), Dwaine Pretorius (Highveld Lions), Kagiso Rabada (Highveld Lions), Rilee Rossouw (Knights).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan Koos Willemse ·

Tel almal behalwe 5 as kwotas of is daar nou ‘n onderskeid tussen kwotaspeler en speler van kleur? Die etnies swart term is seker die nuwe naam vir kwotaspeler?

Ag nee wat! ·

Kyk ok nie Meer kwota krieket nie! NES die kwota rugby,ek betaal nie vir tjol nie,te depro! As die kwotas dan so goed was hoekom sak die proteas op die wereld ranglys en so ook die bokke en as dit gebeur wys dit mos vir jou hul is nie deel van die bestes nie so koekom moet ek top geld betaal om na n onder gemiddelde span te kyk,dit gaan nie oor kleur nie maar oor die bestes !!! Die sogenaamde bestes val opi ranglys laat sak so is hul regtig die bestes?Maar nou ja no one cares ! Sal maar my kleine bedraggie maandelikse subskribsie kanselleer hul sal dit tog nie voel nie aangesien daar so baie ander is wat goeie geld wil betaal vir tjol sport en politieke inmeging!! Wil net weet waars die regverdigheid met kwotas in die sokkerspan??? Of is hul maar net uit om die blanke sport te kaap en n punt te maak??? Vra maar net?

PierreB ·

Rabada is absoluut wereldklas. Daar’s niks fout met Bavuma nie, hy verdien ‘n kans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.