Rebels sit Highlanders ore aan

Die Melbourne Rebels het vir die eerste keer sedert 2015 ’n Nieu-Seelandse span geklop. Foto: Facebook.

Die geluk was dié keer nie aan die Highlanders se kant nie. Ná die Nieu-Seelanders in hul afgelope twee kragmetings ’n haas uit die hoed gepluk het om ’n agterstand in ’n uiteindelike sege om te skakel, het die span van Melbourne hulle vandag ontspoor.

Die Rebels het vir die eerste keer sedert 2015 ’n Nieu-Seelandse span ore aangesit om met 24-19 te wen. Tom English het twee keer agter die Highlanders se doellyn gekuier.

Toegegee, Ben Smith en Luke Whitelock is ruskans gegee, maar die Rebels was die beter span op die veld.

Quade Cooper het ’n sleutelrol in ’n paar van die Australiërs se drieë vertolk, terwyl Will Genia sy gewone veglustige self was.

Die Rebels het ’n rustydvoorsprong van 19-12 geniet en ten spyte van ’n Highlanders-drie laat in die tweede helfte, het die Australiërs genoeg gedoen om die wedstryd te wen.

Die Highlanders speel volgende Vrydag in Wellington teen die Hurricanes (wat pas die Brumbies geklop het), terwyl die Rebels in ’n Aussie-derby teen die einste Brumbies in aksie sal wees.

 

  • Puntemakers:

Rebels: Drieë: Tom English (2), Jack Maddocks, Bill Meakes. Doelskoppe: Quade Cooper.

Highlanders: Drieë: Shannon Fizell, Siate Tokolahi, Jackson Hempo. Doelskoppe: Bryn Gartland, Marty Banks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frans C

Van die TV kamera gesien het een van die rebels se drie van ‘n vorentoe aangee gekom en het Hi-landers se verdedigers dit so te kenne te gee. Na die Leeus -Stormers debakel is dit duidelik dat die skeidsregter se fluitjie ‘n instrument geword het wat die uitslag bepaal.Soos in krieket behoort elke span twee verwysing na die TMO kan verwys. Word die span verkeerd bewys bly die Skeidsregter se beslissing staan en verloor die span ‘n verwysing. Skeidsregters is mense en maak foute, dit moet egter nie ‘n uitslag bepalende fout wees nie.Dit is nie amateurrugby nie en spelers… Lees meer »

Frans C

14,5 Tacklers must: Immediately release the ball and the ball-carrier after both players go to ground. Immediately move away from the tackled player and from the ball or get up. Be on their feet before attempting to play the ball. Allow the tackled player to release or play the ball. Allow the tackled player to move away from the ball. Sanction: Penalty. Tacklers may play the ball from the direction of their own goal line provided they have complied with the above responsibilities and a ruck has not formed. Tackled players must immediately: Make the ball available so that play… Lees meer »

Brollie

Stem geheel en al met jou! Besluite moet verwys kan word om die korrupsie in die spel te kan systap.. Die tv skeidsregter sien basies al die hoeke van spel,die skeidregter op die veld kan ingelig word deur hom aangesien blasers soos Seconds mos nie weet waar hy moet wees om te sien wat aangaan nie. Die clueless ref boer eerder op die Leeus se doellyn al wagtend om n drie apris toe te ken aan die stormers. Kyk mooi hoe gooi Seconds blantant daai game teen die leeus en het dan die onprofessionele vermetelheid om dit openlik te seevier!… Lees meer »

Frans C

Beste Therese
Jou kommentaar mag dalk van toepassing gewees het in amateur dae.Vandag is is dit
‘n professionele sport wat deur spelers beoefen word om inkomstes te verdien.

Wees nou eerlik en kom terug en as jy werk, sê vir my of jou tevrede sou wees as ,as iemand bo jou bevorder word ,sonder enige verduideliking,maar net omdat iemand in die organisasie so besluit het.Jou loopbaan vorder agv dit nie.

As jy nie met so’n behandeling tevrede is nie, hoekom moet spelers dit van ‘n onbevoegde skeidsregter dit aanvaar?