Rebels sit Highlanders ore aan

Die Melbourne Rebels het vir die eerste keer sedert 2015 ’n Nieu-Seelandse span geklop. Foto: Facebook.

Die geluk was dié keer nie aan die Highlanders se kant nie. Ná die Nieu-Seelanders in hul afgelope twee kragmetings ’n haas uit die hoed gepluk het om ’n agterstand in ’n uiteindelike sege om te skakel, het die span van Melbourne hulle vandag ontspoor.

Die Rebels het vir die eerste keer sedert 2015 ’n Nieu-Seelandse span ore aangesit om met 24-19 te wen. Tom English het twee keer agter die Highlanders se doellyn gekuier.

Toegegee, Ben Smith en Luke Whitelock is ruskans gegee, maar die Rebels was die beter span op die veld.

Quade Cooper het ’n sleutelrol in ’n paar van die Australiërs se drieë vertolk, terwyl Will Genia sy gewone veglustige self was.

Die Rebels het ’n rustydvoorsprong van 19-12 geniet en ten spyte van ’n Highlanders-drie laat in die tweede helfte, het die Australiërs genoeg gedoen om die wedstryd te wen.

Die Highlanders speel volgende Vrydag in Wellington teen die Hurricanes (wat pas die Brumbies geklop het), terwyl die Rebels in ’n Aussie-derby teen die einste Brumbies in aksie sal wees.

 

  • Puntemakers:

Rebels: Drieë: Tom English (2), Jack Maddocks, Bill Meakes. Doelskoppe: Quade Cooper.

Highlanders: Drieë: Shannon Fizell, Siate Tokolahi, Jackson Hempo. Doelskoppe: Bryn Gartland, Marty Banks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Frans C ·

Van die TV kamera gesien het een van die rebels se drie van ‘n vorentoe aangee gekom
en het Hi-landers se verdedigers dit so te kenne te gee.

Na die Leeus -Stormers debakel is dit duidelik dat die skeidsregter se fluitjie ‘n instrument geword het wat die uitslag bepaal.Soos in krieket behoort elke span twee verwysing na die TMO kan verwys. Word die span verkeerd bewys bly die Skeidsregter
se beslissing staan en verloor die span ‘n verwysing.

Skeidsregters is mense en maak foute, dit moet egter nie ‘n uitslag bepalende fout wees
nie.Dit is nie amateurrugby nie en spelers en afrigters ,dus vergoeding hanaf van die span se sukses.

Therese ·

Ai toggie, dis wat rugby deesdae amper onkykbaar maak.
‘n Wen kan nooit meer net geniet word nie a.g.v. die treurmares agterna.

Frans C ·

14,5
Tacklers must:
Immediately release the ball and the ball-carrier after both players go to ground.
Immediately move away from the tackled player and from the ball or get up.
Be on their feet before attempting to play the ball.
Allow the tackled player to release or play the ball.
Allow the tackled player to move away from the ball.
Sanction: Penalty.

Tacklers may play the ball from the direction of their own goal line provided they have complied with the above responsibilities and a ruck has not formed.
Tackled players must immediately:

Make the ball available so that play can continue by releasing, passing or pushing the ball in any direction except forward. They may place the ball in any direction.
Move away from the ball or get up.
Ensure that they do not lie on, over or near the ball to prevent opposition players from gaining possession of it.
Sanction: Penalty.
Kan iemand vir my verduidelik hoe spelers hande-viervoet oor ‘n spele staan,terwyl sy hande en arms keer dat hy nie vooroor val.Baie kere gaan hy soms oor sy eie spanmaat,
waat aan die verkeerde kant van die laagvat val en traag is om weg te rol.

Is so’n taktiek nie naar ‘n vorm van obstruktiewe spel?

Brollie ·

Stem geheel en al met jou!
Besluite moet verwys kan word om die korrupsie in die spel te kan systap..
Die tv skeidsregter sien basies al die hoeke van spel,die skeidregter op die veld kan inlig word deur hom aangesien blasers soosSeconds mos nie weet waar hy moet wees om te sien wat aangaan nie,hy boer eerder op die Leeus se doellyn al wagtend om n drie apris toe te ken aan die stormers.
Kyk mooi hoe gooi Seconds blantant daai game teen die leeus en het dan die onprofessionele vermetelheid om dit openlik te seevier!
Wil jy my se hy was onpartydig? Groot geld betrokke in die spel net om te sien hoe amateuragtigge skeidsregters soos kwota seconds die eind resultaat bepaal…ek meen wat te hel??? En niemand doen niks aan dit nie, hy bly ongestraf!!!
Teen ander lande soos die uitgesproke Kiwis gaan die vonke spat en hy korrupte Seconds sal nie daarmee weg kom as hy die Stormers so opsigtelik voortrek nie.

Brollie ·

Stem geheel en al met jou!
Besluite moet verwys kan word om die korrupsie in die spel te kan systap..
Die tv skeidsregter sien basies al die hoeke van spel,die skeidregter op die veld kan ingelig word deur hom aangesien blasers soos Seconds mos nie weet waar hy moet wees om te sien wat aangaan nie. Die clueless ref boer eerder op die Leeus se doellyn al wagtend om n drie apris toe te ken aan die stormers.
Kyk mooi hoe gooi Seconds blantant daai game teen die leeus en het dan die onprofessionele vermetelheid om dit openlik te seevier!
Wil jy my se hy was onpartydig? Groot geld betrokke in die spel net om te sien hoe amateuragtigge skeidsregters soos kwota seconds die eind resultaat bepaal…Ek meen wat te hel??? En niemand doen niks aan dit nie, hy bly ongestraf!!!
Teen ander lande soos die uitgesproke Kiwis gaan die vonke spat en hy korrupte Seconds sal nie daarmee weg kom as hy die Stormers so opsigtelik voortrek nie.

Lol ·

Ek het die toekenning van die Stormers se drie nou al menigmaal gekyk en soek nou nog die seevier waarvan almal praat. As mens iets wil sien dan sal jy jouself oortuig.

Frans C ·

Beste Therese
Jou kommentaar mag dalk van toepassing gewees het in amateur dae.Vandag is is dit
‘n professionele sport wat deur spelers beoefen word om inkomstes te verdien.

Wees nou eerlik en kom terug en as jy werk, sê vir my of jou tevrede sou wees as ,as iemand bo jou bevorder word ,sonder enige verduideliking,maar net omdat iemand in die organisasie so besluit het.Jou loopbaan vorder agv dit nie.

As jy nie met so’n behandeling tevrede is nie, hoekom moet spelers dit van ‘n onbevoegde skeidsregter dit aanvaar?

Therese ·

Frans, jy is doodreg en eintlik deel ek jou frustrasie.
Miljuisende reëls wat feilbare skeidsregters na goeddunke toepas, het rugby bederf.
Kan nie onthou dat dit ooit só erg was ‘in die ou dae’ nie.
Wanneer die eindfluitjie blaas, is dit wroeg en wring oor wat kon wees.
Dalk is daar ‘n rede dat dit ‘n sport was en nie ‘n werk nie … maar daai skippie het geseil.
Geniet jou kommentare, hou so aan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.