Ronaldo spring tronkstraf vry

Cristiano Ronaldo het tronkstryf vrygespring, maar moes steeds ’n stewige boete opdok. Foto: Facebook.

Een van die wêreld se voorste en gewildste sokkersterre, Cristiano Ronaldo, het weliswaar tronkstraf vrygespring, maar moes steeds ’n swaar boete vir belastingontduiking opdok.

Die 33-jarige Portugese speler het vlugtig in ’n Spaanse hof verskyn ná hy vir belastingontduiking tussen 2010 en 2014 aangekla is. Hy is ʼn boete van €18,8 miljoen (nagenoeg R300 miljoen) opgelê.

Ronaldo is destyds toe hy vir Real Madrid in die La Liga-kompetisie uitgedraf het daarvan beskuldig dat hy €5,7 miljoen se belastinggeld verdoesel.

Ronaldo het ook tronkstraf van 23 maande in die gesig gestaar, maar volgens Spaanse wetgewing word tronkstraf nie opgelê aan oortreders wat ’n vonnis van minder as twee jaar opgelê word nie.

Ronaldo speel deesdae vir Juventus in Italië en word deur Forbes as die derde rykste sportman ter wêreld gereken. Na raming verdien hy $108 miljoen (R1.5 miljard) per jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Robert ·

Die geld boete maak hom nie seer nie hy hoort in die tronk met geen spesiale behandeling nie

jjobson ·

Kan die Spaanse Regering wetgewing goedkeur wat hierdie tipe oortredings binne die 2jaar straf se boetegeld aan Suid Afrika oorbetaal sodat die CR regering dit vir armoede en werkskepping kan aanwend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.