Rugby: Donker wolke hang oor VRK

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Aanpasbaarheid én die vermoë om oorsee te wen, sal die wagwoord van die vier Suid-Afrikaanse franchise-spanne moet wees wanneer die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) van volgende naweek plaaslik hervat word.

Nadat die Suid-Afrikaanse spanne se kragmetings aan die einde van die jaar teen oorsese spanne weens die Covid-19-pandemie en kwarantynvereistes op die rak beland het, pak die Lions Saterdag die Sharks op Ellispark en die Bulls speel teen die Stormers op Loftus Versfeld.

Op 29 Januarie speel die Lions teen die Bulls (Ellispark) en die Sharks pak die Stormers (Kingspark).

Op 5 Februarie pak die Bulls die Lions (Loftus) en die Stormers en Sharks speel in Kaapstad. Op 22 Februarie speel die Lions teen die Stormers (Ellispark) en die Bulls pak die Sharks (Loftus).

Soos sake staan, is die Lions 11de (11 punte ná vyf wedstryde), die Stormers 12de (nege punte ná vyf wedstryde), die Sharks 14de (sewe punte ná vyf wedstryde) en die Bulls 15de (vyf punte ná vyf wedstryde).

Is dit ʼn getroue weergawe van die spanne se werklike krag?

Maar dit bly geen goeie leesstof nie, hoewel die meeste van dié wedstryde wegwedstryde oorsee was. Boonop het nog geen oorsese span in Suid-Afrika gespeel nie, hoewel verskeie van hulle in die land was, maar deur Covid-19 te pletter geloop is.

Maar wanneer gaan hulle speel?

Intussen het die reeks oorsee voortgegaan en is Leinster (29 punte ná sewe wedstryde), Edinburg (28 punte) en Ulster (25 punte) gerieflik voor.

Dit beteken dat die SA spanne opvangrugby moet speel om te probeer inhaal, want die kans dat al die wedstryde wat uitgestel is wel betyds gespeel sal word, laat die gevaarligte flikker.

Tot dusver het geen SA span uitgeskiet nie en daar kan nie meer bekostig word om vas te val nie, ook nie in plaaslike derbies nie.

Daar gaan baie hoë eise aan die spanne en bonde gestel word, aangesien die Curriebekerreeks ook aanstaande Saterdag begin.

Die Curriebekerreeks word boonop op Woensdae beslis en spelers sal dus nie tussen die twee spanne geroteer kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henning ·

President Cyril, jou probleem is dat Suid-Afrikaners nie een woord glo wat uit die ANC/SAKP se twee monde kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.