Rugby geniet Agterblad-aandag

Foto: Verskaf.

Die Agterblad-manne kom byeen om oor rugbysake in ’n propvol episode te gesels.

Eerstens word die openingsnaweek van die Sesnasies onder die vergrootglas geplaas en veral Skotland se uithalervertoning teen Engeland word bespreek.

Dan word daar na Ierland – die Springbokke se Wêreldbeker-groepmaats in 2023 – se tweestryd met Wallis gekyk, terwyl die span ook debatteer of ’n Franse herlewing om die draai is.

Die Verenigde Rugbykampioenskap geniet ook aandag met die Stormers wat aanhou om almal met hul veggees te beïndruk. Terselfdertyd word daar bespiegel of dié Kaapse span die mas kan opkom om vir die komende Kampioenebeker te kwalifiseer, en of die Bulls nie dalk ’n bietjie onderskat word ná hulle vertoning teen die Lions nie.

Dit, saam met die Telbord- en Hoek van Helde-insetsels, maak dit ’n uitstekende episode vir enige rugbyfanatikus om na te luister!

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente op Stellenbosch ontmoet het. Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.