2023 se Wêreldbeker wink al hoe meer, maar …

Die Webb Ellis-beker.

Die Webb Ellis-beker.

Daar sal nou oop kaarte op die hoogste vlak gespeel moet word, want Suid-Afrika se kans om die Wêreldbekertoernooi in 2023 aan te bied, het die hoogte ingeskiet.

Die Italiaanse Rugbyunie het Woensdagaan by monde van sy president, Alfredo Gavazzi, die bod teruggetrek om die toernooi aan te bied, wat net drie lande, Suid-Afrika, Frankryk en Ierland oorlaat om die toernooi aan te bied.

Eintlik stuur dit af op `n tweestryd tussen Ierland en Suid-Afrika af, want Frankyk het selfs nog in 2007 die toernooi aangebied. Die kanse dat dit so gou weer aan die Franse toegeken sal word, is uiters skraal.

Die besluit oor wie die toernooi sal aanbied, sal eers aanstaande jaar in November geneem moet word. Ierland, wat met `n bevolking van 6,4 miljoen spog (4,6 miljoen woon in die Republiek van Ierland en sowat 1,8 miljoen in Noord-Ierland), sal op Engeland en Wallis moet staatmaak om wedstryde in die groepronde waarby Engeland en Wallis betrokke is, aan te bied, want afgesien van Dublin, Belfast, Limerick en Cork daar is nie juis ander “rugbystede” nie.

Dublin spog met wel met die Aviva-stadion (51 700 toeskouers), wat opgerig is nadat Lansdowne Road afgebreek is. Die Iere het ook `n paar keer op Croke Park (83 300 toeskouers) in Dublin gespeel terwyl die nuwe stadion gebou is.

Dan is daar Kingspan in Ravenhill in Belfast (18 100 toeskouers), Thomondpark in Limerick (25 100 toeskouers) en die Galliese voetbalstadions in stede soos Cork.

Soos almal weet, spog Suid-Afrika met van die beste stadiums in die wêreld. Die wit olifante in Mbombela, Polokwane en die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth sal saam met die FNB-stadion en Ellispark, Loftus Versfeld, die Vrystaat-stadion, die twee stadions in Durban, Nuweland en die Kaapstad-stadion met vrug aangewend kan word.

Maar, dan sal die minister van sport, Fikile Mbalula, en die SA rugbybase langs dieselfde tafel moet sit en sake opklaar. Saru het ongelukkig die steun van die regering nodig, maar vir ‘n pot lensiesop?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Neels ·

Dit gaan hier oor baie meer as stadions! Dit gaan meer oor die mentaliteit van n idiotiese regering en poliutieke inmenging in sport. Ek hoop nie SA kry dit nie.

Jan ·

Hoop van harte dat SA dit NIE kry nie. Die sg Springbokspan is regtig n erge verleentheid vir SA!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.