6 April: Dit kan die waterskeiding vir SA rugby wees

Dit was nou nie ʼn Paasnaweek waarop die Suid-Afrikaanse rugbybase gehoop het nie.

Die Lions en Stormers (ja, dit was darem teen die Bulls) het in die Superrugbyreeks verloor, Saru het ʼn verlies van R33,3 miljoen vir verlede jaar se boekjaar aangekondig, nog twee vaardige spelers, Clayton Blommetjies (Scarlets) en Pierre Schoeman (Edinburgh), is op pad oorsee, die Valke-unie wil sy sakevleuel laat likwideer oor beweerde finansiële onreëlmatighede, en die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging (Sarpa) het Vrydag aansoek gedoen om die Grens-rugbyunie te laat likwideer omdat die spelers se volle salarisse sedert Desember verlede jaar nog nie betaal is nie.

Boonop weet niemand (op die oog af) wat met die Westelike Provinsie se geldsake aangaan nie en die Blou Bulle het sowat twee weke gelede Willem Strauss as hul nuwe tussentydse president verkies nadat daar ʼn mosie van wantroue teen die vorige president, Gert Wessels, ingestel is en hy bedank het.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se jaarvergadering word Vrydag in Kaapstad gehou … op 6 April. Ja, die dag waarop die EFF beweer Suid-Afrika se probleme in 1652 begin het toe Jan van Riebeeck-hulle voet aan wal gesit het.

Ná die jaarvergadering, wat onstuimig kan raak en een van die belangrikstes sedert eenwording kan wees, word daar verkiesing gehou.

Adv. André May (Luiperds) staan die huidige president, Mark Alexander, teen.

Dr. Jan Marais (Griffons) pak Francois Davids as adjunkpresident en Hein Mentz (Pumas), Thelo Wakefield (WP), Schalk Liebenberg (KZN), JJ van der Mescht (Bulle), Arthob Petersen (Boland) en Vivian Lottering (Valke) het hul name in die hoed gegooi vir die twee poste as lede van die uitvoerende komitee.

Alexander het verlede week in ʼn onderhoud na die swart jaar in 2016 verwys toe die vorige president, Oregan Hoskins, bedank en hy oorgeneem het.

Het dit verbeter?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Joe Hall ·

Mag dit soos groot reën in die Kaap, inderdaad ‘n skeiding wees.
Skeiding van water, of wat mens dit ookal sou wou noem…

LHS ·

Die enigste skeiding wat daar kan wees is tussen swak, swakker of swakste. Binne die volgende 2 jaar sal SA rugby nie meer onder die eerste 10 lande op die wereld ranglys wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.