Aanmerklik minder drieë bepaal laaste twee

Supersport se Kaapse rugbyfees in die Groenpunt-atletiekstadion kon toe slegs sewe drieë oplewer teenoor die 27 wat in die vorige dag se twee kwarteindstryde gedruk is.

Die Blou Bulle het die Sharks-vyftiental met 23-18 geklop (rustyd 9-3), en die Westelike Provinsie het met 26-0 teen die Vrystaat-vyftiental gewen (rustyd 9-0).

Die WP en die Bulle sal mekaar eerskomende Sondag in een van die twee halfeindstryde in die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane die stryd aansê; en die Goue Leeus en die Griekwas sal in die ander een kragte meet.

Sondag se puntemakers –

WP 26 (9) – Drieë: Michal Hazner, Bjorn Basson. Doelskoppe: Brandon Thomson (2). Strafdoele: Kurt Coleman (3), Brandon Thomson.

Vrystaat 0 (0).

Sharks 18 (3) – Drieë: Wian Vosloo, Lunga Mukendi, Courtney Winnaar. Strafdoel: Benhard Janse van Rensburg.

Blou Bulle 23 (9) – Drieë: Andrew Beerwinkel, Aston Fortuin. Doelskoppe: Tinus de Beer, Joshua Stander. Penalties: Tinus de Beer (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.