Aansoek om likwidasie van Grens Rugbyunie

Is dit ʼn Oos-Kaapse ding? Onder Cheeky Watson moes die SA  Rugbyspelersvereniging weens die wanbetaling van die OP Kings en die Southern Kings ingryp, en nou is dit die Grens Rugbyunie wat getakel word.

Sarpa, wat OP Rugby Edms Beperk in 2016 laat likwideer het, het Donderdag by die Hooggeregshof aansoek vir die likwidasie van die Grens-Rugbyunie gedoen.

Dit volg nadat die unie sedert Desember verlede jaar in gebreke was om die spelers se volle salarisse te betaal deurdat hulle nie die nodige pensioenfonds- en mediese betalings aan die spelers gemaak het nie.

Die spelers het volgens Sarpa se besturende direkteur, Eugene Henning, geen ander opsie as om hulle dienste te weerhou voordat hulle mediese premies ten volle betaal is nie.

Die spelers mag tans nie aan Grens se oefeninge of enige wedstryde deelneem nie.

Volgens Henning is die rugbyunie versoek om hulle verpligtinge na te kom. Sarpa is egter deur die Grens Rugbyunie ingelig dat hulle weens kontantvloeiprobleme nie hulle verpligtinge kan nakom nie.

♦  Henning sê Sarpa is bekommerd oor die finansiële toestand van Suid-Afrikaanse rugby. Hy wys daarop dat Grens die derde unie sedert die begin van 2018 is wat probleme ondervind om hulle spelers te betaal. ʼn Vooraanstaande unie het ook aangedui het dat hy moontlik nie al sy verpligtinge teenoor die spelers in 2018 sal kan nakom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veritas ·

Die oorsaak moet by SARFU gesoek word. Wat word van hulle kant af gedoen om toeskouergetalle, by rubystadions, te verbeter? Ons betree die swanesang van SA rugby en die ANC juig. Nog ‘n Afrikaner onding is besig om te sneuwel. Ek wil ‘n voorspelling waag en dt is dat Suid-Afrika se Springbokspan, nie ‘n vrypas gaan hê om aan 2023 se wêreldbeker deel te neem nie. Hulle gaan aan uitspeelrondtes onderworpe wees. Hou mooi dop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.