Aaron fiks vir toets teen Bokke

Foto: 3news.co.nz

Foto: 3news.co.nz

Aaron Cruden, die All Blacks se beste losskakel in die afwesigheid van die beseerde Dan Carter, meen hy sal in Saterdag se toets teen die Springbokke kan speel.

Cruden het verlede naweek se toets teen die Poemas met `n maagspierbesering misgeloop. Hy sê egter die besering het goed herstel en, indien hy sy fiksheidstoets slaag, voorsien hy geen probleem om die toets teen die Springbokke te voltooi nie.

Sy terugkeer sal die All Black-afrigter Steve Hansen met die moeilike keuse laat om tussen Cruden en Beauden Barrett as losskakel te kies. Barrett het met sy algemene spel beïndruk in sy eerste toets in die beginspan. Sy skopwerk pale toe was egter eina en dit kan straks teen hom tel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.