Ackermann agsteman in kaptein Whiteley se plek

Ruan Ackermann speel agsteman in die beseerde Warren Whiteley se plek (Foto: GB Jordaan)

Die Springbokkaptein, Warren Whiteley, se plek op agsteman in die Lions se rugbyspan sal deur Ruan Ackermann gevul word.

Ackermann sal saam met Jaco Kriel, wat die span in Whiteley se afwesigheid sal aanvoer, en Kwagga Smith die nuwe lostrio vorm. Smith skuif oor na nommer 7 vir Saterag se wedstryd teen die Sunwolves.

Smith was in  die Lions se laaste wedstryd einde Mei teen die Kings die nommer 6-flank, Ackermann die steelkantflank en Kriel het op die bank begin nadat hy stelselmatig ná sy besering ingefaseer is.

Whiteley is verlede Saterdag relatief kort voor die toets onttrek nadat hy die hele reeks teen Frankryk met wat vermoed was ʼn liesbesering gesukkel het. Hy is dié week met ʼn skeur in sy bekken gediagnoseer en sal al die Lions se uitspeelwedstryde in die Superreeks misloop – en selfs ʼn toets of twee in die Rugbykampioenskap wat eers op 19 Augustus ʼn aanvang neem.

Die afrigtingspan het die heel sterkste beskikbare span vir Saterdag se wedstryd teen die Sunwolves gekies. Daar is geen ruskans vir die nege Springbokke wat saam met Whiteley in die Franse reeks gespeel het nie.

Ook die vier spelers wat vir die SA A-span uitgedraf het (Lionel Mapoe is een van die tien toetsspelers, maar het ook vir die SA A-span gespeel) is almal ingesluit teen die Sunwolves.

Die Lions wil ná die lang aflêtydperk duidelik hul ritme herwin voordat hulle op 15 Julie in Durban teen die Sharks speel en die week daarop in die kwarteind van die Superreeks uitdraf.

Lions –

Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Ruan Ackermann, Kwagga Smith, Jaco Kriel (kapt.), Franco Mostert, Andries Ferreira, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Jacques van Rooyen. Bank: Akker van der Merwe, Corné Fourie, Johannes Jonker, Lourens Erasmus, Cyle Brink, Faf de Klerk, Jacques Nel, Sylvian Mahuza.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Corrie ·

Stem saam met jou Lol. Ek dink hulle onderskat die Cheethas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.