Ackermann kies dieselfde span teen die Sharks

Dylan Smith – sy skouer weer seergemaak (Foto: GB Jordaan)

Die Lions sal Saterdag met dieselfde span teen die Sharks opdraf as die een wat die wedstryd verlede week teen die Kings en met 42-19 gewen het.

Die afrigter Johann Ackermann het egter op sy bank ʼn paar keusespelers ingesluit. Die bank sal eers bevestig word wanneer die nodige fiksheidstoetse afgehandel is. Die vleuel Ruan Combrinck, die senter Howard Mnisi, die losskakel Jaco van der Walt en Dylan Smith, die loskop wat lank met ʼn skoueroperasie van die veld was maar die skouer weer beseer het, is nie vir die wedstryd oorweeg nie.

Die veelsydige agterspeler Sylvian Mahuza is ook nie beskikbaar na die dood van sy vader nie.

Lions –

15 Andries Coetzee, 14 Madosh Tambwe, 13 Harold Vorster, 12 Rohan Janse van Rensburg, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Faf de Klerk, 8 Warren Whiteley (kapt.), 7 Ruan Ackermann, 6 Jaco Kriel, 5 Franco Mostert, 4 Andries Ferreira, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen. Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 Sti Sithole/Corné Fourie, 18 Johannes Jonker/Hencus van Wyk, 19 Lourens Erasmus, 20 Kwagga Smith, 21 Ross Cronjé, 22 Jacques Nel, 23 Dillon Smit/Lionel Mapoe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.