Ackermann kies konserwatief teen die Kings

Nommer 50  as kaptein vir Warren Whiteley. (Foto GB Jordaan)

Nommer 50 as kaptein vir Warren Whiteley. (Foto GB Jordaan)

Anders as die meeste afrigters wie se spanne in die Superreeks teen die Kings speel, het Johan  Ackermann-hulle net een verandering aan die Lionsspan aangebring vir Saterdagmiddag (15:05) se wedstryd in die Baai.

Harold Vorster vervang vir Lionel Mapoe op buitesenter. Mapoe is ook nie op die bank nie en rus die wedstryd, waarskynlik omdat hy nog effens las van ʼn enkelbesering het.

In die wedstryd sal die Springbokagsteman Warren Whiteley die Lions die 50ste keer aanvoer. Hy het in 2009 in vyf wedstryde vir die Kings gespeel. Saterdag sal sy 71ste wedstryd vir die Lions wees.

Lions –
15 Andries Coetzee, 14 Madosh Tambwe, 13 Harold Vorster, 12 Rohan Janse van Rensburg, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Faf de Klerk, 8 Warren Whiteley (kapt.), 7 Ruan Ackermann, 6 Jaco Kriel, 5 Franco Mostert, 4 Andries Ferreira, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen. Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 Sti Sitole, 18 Hencus van Wyk, 19 Lourens Erasmus, 20 Kwagga Smith, 21 Dillon Smit, 22 Jacques Nel, 23 Sylvian Mahuza.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anton Kld ·

Wim, Mapoe het ‘n handbesering (fraktuur van ‘n beentjie) volgens alle ander berigte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.