Ackermann maak net twee veranderinge vir Vrystaat

Johan Ackermann (Foto: Solidariteit)

Johan Ackermann (Foto: Solidariteit)

Die Goue Leeus-afrigter Johan Ackermann het net twee veranderinge aangebring aan die beginspan wat  die Westelike Provinsie geklop het vir Donderdag se wedstryd teen die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein.

Andries Ferreira vervang die beseerde Lourens Erasmus op slot en Ruan Ackermann verskuif na die bank om plek te maak vir Cyle Brink as deel van die rotasiebeleid.

Martin Muller, slot, is saam met die stut Pieter Scholtz op die bank gekies.

Die span –

15 Andries Coetzee, 14 Selom Gavor, 13 Jacques Nel, 12 Rohan Janse van Rensburg, 11 Anthony Volmink, 10 Jaco van der Walt, 9 Ross Cronje (kapt.), 8. Fabian Booysen, 7. Cyle Brink, 6 Kwagga Smith, 5 Andries Ferreira, 4 JP du Preez, 3 Ruan Dreyer, 2 Robbie Coetzee, 1 Dylan Smith. Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 Pieter Scholtz, 18 Martin Muller, 19 Ruan Ackermann, 20 Dillon Smit,  21 Ashlon Davids, 22 Howard Mnisi..

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.