Die Goue Leeus-afrigter Johan Ackermann het net twee veranderinge aangebring aan die beginspan wat die Westelike Provinsie geklop het vir Donderdag se wedstryd teen die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein.
Andries Ferreira vervang die beseerde Lourens Erasmus op slot en Ruan Ackermann verskuif na die bank om plek te maak vir Cyle Brink as deel van die rotasiebeleid.
Martin Muller, slot, is saam met die stut Pieter Scholtz op die bank gekies.
Die span –
15 Andries Coetzee, 14 Selom Gavor, 13 Jacques Nel, 12 Rohan Janse van Rensburg, 11 Anthony Volmink, 10 Jaco van der Walt, 9 Ross Cronje (kapt.), 8. Fabian Booysen, 7. Cyle Brink, 6 Kwagga Smith, 5 Andries Ferreira, 4 JP du Preez, 3 Ruan Dreyer, 2 Robbie Coetzee, 1 Dylan Smith. Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 Pieter Scholtz, 18 Martin Muller, 19 Ruan Ackermann, 20 Dillon Smit, 21 Ashlon Davids, 22 Howard Mnisi..