Ackermann se span haal eindronde

Johan Ackermann – eindstryd toe. (Foto: Twitter)

Gloucester, wat deur die oud-Springbok Johan Ackermann afgerig word, het Vrydag tot die eindstryd van die Europese Uitdaagbeker deurgedring.

Sy span het Newcastle op Kingsholm, Gloucester, met 33-12 geklop, nadat hy rustyd met 12-5 voor was.

Die eindstryd is Vrydag 11 Mei in Bilbao, Spanje, en Gloucester se teenstander word Saterdag op Cardiff Arms Park bepaal, waar die Walliese streekspan Cardiff Blues teen die Franse klub Pau kragte meet.

Behalwe vir die sitplektoekenning wat vir die twee eindstryders uitgehou is, is die kaartjies vir die eindstryd reeds uitverkoop.

Dis Ackermann se eerste seisoen by die klub, maar Gloucester se derde eindstryd in vier seisoene. Hy sal dus die beker moet wen om beter as sy voorgangers te vaar.

Billy Twelvetrees, ʼn senter van Engeland en die Britse Leeus, het 13 van die wenspan se punte met twee doelskoppe en drie strafdoele behaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gerrit ·

Hy moes die springbokspan afgerig het kyk wat het hy met die goue leeus gedoen.??

Dries ·

Ek glo nie jy moet altyd die afrigter al die krediet gee nie, jou spelers moet ook hul kant bring. Kyk net hoe goed gaan dit met die Leeus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.