Ackermann se span keer indrukwekkend terug

Die Engelse klub Gloucester, wat deur die Springbok Johan Ackermann afgerig word, het Sondag ʼn indrukwekkende terugkeer tot die topklubreeks in Europa gemaak.

Ná ʼn afwesigheid van vyf jaar uit die reeks om die Europese Kampioenebeker, het Ackers se span die Franse kampioen, Castres Olympique, met 19-14 verslaan.

♦ CJ Stander, die Ierse toetsflank en ʼn gewese Bulls-speler, het die Ierse provinsie Munster se enigste drie teen die Engelse kampioen, Exeter, gedruk.

Hulle het met 10-10 gelykop gespeel.

Munster word deur die gewese Springbokhulpafrigter Johann van Graan gebrei.

Europese Uitdaagbeker

♦ In die reeks om die Europese Uitdaagbeker was die Bokke Piet van Zyl (skrumskakel) en Morné Steyn (losskakel) se bydrae, van die bank af, te laat vir Stade Français om sy kragmeting teen die Engelse klub Worcester Warriors te wen.

Van Zyl het ʼn drie gedruk, en Steyn het met twee doelskoppe geslaag, maar Worcester was met 38-27 baas.

Dit was die eerste keer in langer as tien jaar dat die Warriors in Frankryk kon wen.

♦ Die gewese Stormers-speler David Ribbans (slot) het ʼn drie vir die Engelse klub Northampton in sy nederlaag van 20-41 teen die Franse klub Clermont Auvergne gedruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frans C ·

Ackermann werf Leeusspelers dat dit klap.’n Mens sal naderhand ‘n idee kan vorm hoe goed die Leeuspan wat hy opgebou en afgerig het in die kompetisie sou gevaar het.

Dit is nou eenmaal ‘n nare gewoonte van Suid Afrikaanse afrigters dat sodra hul oorsee
afrig soos bv.Jake White werf hul vinnig spelers uit Suid Afrikaanse spanne wat hul afgerig het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.