Ackers bly by verlede jaar se manne

Lionel Mapoe (Foto GB Jordaan)

Lionel Mapoe (Foto GB Jordaan)

Die Lions se afrigter Johan Ackermann het die twee Springbokke van verlede jaar wat beseer is en die uittrede van die uitstekende flank Warwick Tecklenburg, uit verlede jaar se Lionsgroep aangevul vir Saterdag se wedstryd teen die Cheetahs in Bloemfontein (afskop 15:05).

Op regtervleuel speel die Springboksenter Lionel Mapoe in die plek van Ruan Combrinck was steeds beseer is en Ruan Dreyer draf as vaskop op in die plek van Julian Redelinghuys wat nie vanjaar sal speel nie.

Tecklenburg, wat na sy terugkeer uit Japan uitgetree het, word as vaskopflank deur Ruan Ackermann vervang wat verlede jaar groot indruk in sy eerste Superseisoen gemaak het.

Mapoe se skuif beteken dat Howard Mnisi nou Rohan Janse van Rensburg se sentermaat sal wees.

Daar was bespiegelinge dat die oud-Blou Bul Marvin Orie die slotmaat van Franco Mostert sou wees, maar Ackermann het by die bewese slotpaar van Andries Ferreira en Mostert gebly met Lourens Erasmus wat op die bank is.

Daar is net een nuweling die wedstryd 23-tal. Die vaskop Johannes Jonker, wat drie seisoene vir die Grens Bulldogs Curriebekerrugby gespeel het, sal Saterdag sy debuut vir die Lions en ook in Superrugby maak as hy as plaasvervanger speelkans kry.

Kwagga Smith is ook op die bank nadat hy vir eers klaar is met sy verpligtinge vir die Blitsbokke.

Lions –
Andries Coetzee, Lionel Mapoe, Howard Mnisi, Rohan Janse van Rensburg, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Faf de Klerk, Warren Whiteley (kapt.), Ruan Ackermann, Jaco Kriel, Franco Mostert, Andries Ferreira, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Jacques van Rooyen. Bank: Akker van der Merwe, Corné Fourie, Johannes Jonker, Lourens Erasmus, Kwagga Smith, Ross Cronjé, Harold Vorster, Jaco van der Walt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

J ·

Al die ander spanne se kwota spelers is ten minste 7 ,waar die welpies net 4 spelers van kleur het? Orie het sy tyd loop mors om na hulle toe te gaan. Gaan terug ou perd na die Bulls toe.

Barend j ·

geen span behoort op kleur gekies te word nie maar op meriete so jou aan merking is onvan pas.en ter loops hy het self leeus toe gegaan om dat hy nie kans by die bulle gekry het nie

Bees ·

Die Leeus is bekend daarvoor dat hulle min spelers van kleur kies.

Barend j, ek stem saam met jou opmerking, maar die welpies kies soms baie meer leliewit spelers in vergelyking met ander spanne.

Die vraag is nou, maak die welpies soos hul wil, of koop die ander unies gesig by die regering?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.