Ackers kies 15 nuwes in beginspan teen Pumas

Mede-kaptein Howard Mnisi op pad doellyn toe (Foto GB Jordaan).jpg

Mede-kaptein Howard Mnisi op pad doellyn toe (Foto GB Jordaan).jpg

Die Goue Leeus se afrigter Johan Ackermann het letterlik 15 veranderinge aangebring aan die beginspan wat die Lions verlede week in die eindstryd teenwoordig het om Saterdag (15:00) op Ellispark teen die Pumas te speel.

Nege van die beginspan teen die Hurricanes is by die Springbokgroep betrokke; Warwick Tecklenburg speel in Japan; en die ander vyf is vir die naweek deur Ackermann afgegee.

Twee spelers wat in Wellington van die bank af gespeel het, Ross Cronjé en Howard Mnisi, is as gesamentlike kapteins vir die Curriebekerseisoen aangewys. Ondermeer is een van die talle voordele dat daar gewoonlik ʼn aangewese kaptein op die veld sal agterbly by plaasvervanging of in die geval van besering.

Jaco van der Walt, Ruan Ackermann, Lourens Erasmus, Jacques van Rooyen, Akker van der Merwe en Corné Fourie was ook in die wedstryd op die bank. Hulle en ook die twee spelers wat die groep na Nieu-Seeland vergesel het maar nie ingespan is nie, Cyle Brink en Sylvian Mahuza, is in die span wat die Pumas pak.

Die enigste Springbok in die 22-tal vir Saterdag is Marnitz Boshoff wat op die bank is. Met enkele uitsonderings het die hele groep al op Supervlak uitgedraf.

Goue Leeus

Sylvian Mahuza, Koch Marx, Stokkies Hanekom, Howard Mnisi (mede-kaptein), Anthony Volmink, Jaco van der Walt, Ross Cronjé (mede-kaptein), Ruan Ackermann, Cyle Brink, Steph de Witt, Lourens Erasmus, Martin Muller, Jacques van Rooyen, Armand van der Merwe, Corné Fourie. Bank: Ramone Samuels, Justin Ackerman, MB Lusaseni, Victor Sekekete, Dillon Smit, Marnitz Boshoff, Jacques Nel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Takkie Takuuza ·

Marnitz Boshoff was die land se antwoord op loskakel vir die bokke, nie so lank gelede nie. Nou speel hy van die bank af in ‘n Curriebeker game? Wat het gebeur?

Josua Keys ·

Hier is ‘n baie goeie toets vir Johan en Swys en die res van die afrigting span, totaal n nuwe span, ek hou van hoe Johan en Swys hulle dink hier kry almal ‘n kans om hulself te bewys en ondervinding op te doen om dalk volgende jaar in die Super rugby reeks opgeneem te word hier gaan dit nie oor kwotas ens nie, die manne het by die Lions gebly en kry nou n gelyke kans om hulself te bewys, daar is n paar seniour spelers wat ook speel en dit gaan help om die manne te motiveer en positief te hou as die manne hul kant bring bly die koppie in JHB by Ellis Park. Sterkte Boys. luister en leer by die afrigters en moet nooit dat ego julle oorweldig nie want dit sink eerstens die span en tweedens jouself !!!! Go Lions!!!! Lions4Life

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.