Ackers los twee van sy Bokke teen Waratahs

Malcolm Marx - weggelaat uit Lionsspan (Foto GB Jordaan)

Malcolm Marx – weggelaat uit Lionsspan (Foto GB Jordaan)

Twee Springbokke is hulle plekke in die Lions se opdrafvyftiental kwyt vir die Superrugby-kragmeting Saterdagmiddag (15:05) teen die Waratahs in Johannesburg

Die skrumskakel Faf de Klerk en die haker Malcolm Marx wat verlede jaar toetsrugby gespeel het, bevind hulle op die bank. De Klerk se plek agter die oond word deur Ross Cronjé ingeneem, terwyl Marx deur Robbie Coetzee vervang word. Hy

Dit sal Cronje, wat verlede week die wendrie teen die Cheetahs aangevoer het, se 50ste Superwedstryd wees.

Harold Vorster, wat verlede week die beseerde Howard Mnisi vervang het, bevind hom op buitesenter, waar hy in die middelveld met die groot en sterk Rohan Janse van Rensburg sal kombineer.

Die jong loskopstut, Dylan Smith, wat van ’n besering herstel het, bevind hom op die bank, saam met die veelsydige Sylvian Mahuza.

Die Waratahs se span wat verlede week in Perth net-net teen die Force gewen het, is onveranderd.

Lions

15. Andries Coetzee, 14. Lionel Mapoe, 13. Harold Vorster, 12. Rohan Janse van Rensburg, 11. Courtnall Skosan, 10. Elton Jantjies, 9. Ross Cronje, 8. Warren Whiteley (kapt.), 7. Ruan Ackermann, 6. Jaco Kriel, 5. Franco Mostert, 4. Andries Ferreira, 3. Ruan Dreyer, 2. Robbie Coetzee, 1. Jacques van Rooyen. Bank: 16. Malcolm Marx, 17. Dylan Smith, 18. Johannes Jonker, 19. Lourens Erasmus, 20. Kwagga Smith, 21. Faf de Klerk, 22. Sylvian Mahuza, 23. Jaco van der Walt.

Waratahs

15 Andrew Kellaway 14 Reece Robinson, 13 Israel Folau, 12 Irae Simone, 11 Rob Horne, 10 Bryce Hegarty, 9 Nick Phipps, 8 Michael Wells, 7 Michael Hooper (kapt.), 6 Jack Dempsey, 5 Will Skelton, 4 Dean Mumm, 3 Sekope Kepu, 2 Tolu Latu, 1 Tom Robertson. Bank: 16 Hugh Roach, 17 Paddy Ryan, 18 David Lolohea, 19 David McDuling, 20 Senio Toleafoa, 21 Matt Lucas, 22 David Horwitz, 23 Taqele Naiyaravoro

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.