Ackers steek tong uit, en dis om van te huil

Johan Ackermann – Gloucester maak onder hom nou stem dik (Foto: Facebook Johan Ackermann)

Sal dίt nie ironies wees nie, en nóg ʼn klap in die Suid-Afrikaanse rugbybase se gesig?

Dis nou as die Engelse rugbybase ná die Wêreldbekertoernooi van 2019 vir Johan Ackermann as afrigter oorweeg om die leisels by Eddie Jones as hoofafrigter te neem, en sommer ook sy seun Ruan Ackermann vir die span te oorweeg.

Gloucester, wat in die 2016-’17-seisoen negende uit 12 spanne in die Engelse Premierliga geëindig het, het Vrydagaand op Kingsholm vir Saracens, wat gelaai was met Engelse en Skotse toetsspelers en oud-Bokke, soos Schalk Brits, Schalk Burger en Vincent Koch, met 23-17 geklop nadat Ackermann sowat drie maande gelede as hoofafrigter oorgeneem het.

En om die kroon te span, is Ruan Ackermann as speler van die wedstryd aangewys.

Dis nogal ironies dat daar geskarrel is om ʼn plaasvervanger vir die beseerde agtsteman Warren Whiteley in die Bokspan te vind, dat Uzair Cassiem die jawoord in die Rugbykampioenskap gekry het, maar dat Ruan Ackermann oor die hoof gesien is en toe saam met pa na Engeland oorgeskuif het.

Gloucester het ná sy sege tot die derde posisie op die puntelys opgeskuif, voor swaargewigte soos Leicester, Bath en Harlequins.

Gloucester was rustyd met 3-9 agter nadat hulle Saracens se aanslae op hul doellyn moes afweer. Maar ná rustyd het hulle tot die aanval oorgegaan, die vaste fasette begin oorheers en die spel gerek.

Dit was nie toestande wat hardlooprugby bevorder het nie, want dit was grys, koud en natterig. Maar hulle het dit reggekry, want die spelers speel met selfvertroue, glo al hoe meer in hulself en in die spelpatroon, want hul vaardighede verbeter en word weekliks opgeskerp.

Nou bly die groot vraag: hoekom is Ackermann laat gaan?

SA rugby pluk die wrange vrugte, want hulle moes hom reeds verlede jaar (nie net met die afgewaterde A-span wat slegs een of twee wedstryde per jaar en ʼn week se voorbereiding speel nie) beloon het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ray Lombard ·

Dit sou interessant wees om the hoor wie hy sou kies in sy springbok span.

Stephanus ·

Die antwoord is eenvoudig, daar is nie plek vir ‘n wit afrigter nie!!!!!

Eish ·

Through me to the wolves and I will return, leading the pack!

LR ·

Ons weet mos hoekom Ackers weg is. Daar is nie meer vir hom plek in SA rugby op die hoogste vlak nie. Ek gun hom dus die suksesse wat hy behaal. Ons moet dit begin aanvaar dat SA rugby se uiteinde maar net nog n Afika span sal wees.

Oom Piet ·

Stephanus ek stem 100% saam met jou , die politiek laat dit nie toe nie.

Oom Piet ·

Stephanus ek stem 100% saam met jou , die politiek laat dit nie toe nie.

Johannes van Rooyen ·

OMDAT HY WIT EN SUKSESVOL IS dit is die enigste rede hkm hy nie in SA afrig nie
As ek nou ñ rugby speler was het ek onmiddelik oorsee gaan gaan speel
Sodat SARU ANC EFF BLF kan stik in hulle politieke agendas

Eben ·

Johannes daardie saru. Eff. Anc. Blf stel nie in rugby gelang nie Hier gaan dit oor mag

Rianto ·

Baie vroeg vir sulke aannames!! As dit realiseer sal dit hartseer wees.

Demè Lucas ·

Ek is bly vir Johan en Ruan en as n Lions fan was dit baie hartseer toe hulle ons verlaat het. SARU besef nie wat hulle verloor het nie.

willie ·

Politiek/kwotas het my oortuig om enige span teen die kwotabokke te steun! Ek het ook my beginsels!

Niklaas ·

Ek sal graag wil weet wat Rassie Erasmus gaan bereik met die huidige rol wat politiek in SA speel. Hy sal mos voortdurend na sekere indiwidue se pype moet dans. Baie frustrasies was op hom.

Andrico ·

Rassie Erasmus is terug. Ek sal se kry Johan Akerman terug met die voordeel dat hy die Springboke se afrigter word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.