Ackers verander ses vir Force-kragmeting

Warren Whiteley speel Saterdag in Perth sy 75ste Superwedstryd vir die Lions (Foto: GB Jordaan)

Warren Whiteley sal Saterdag (13:55) teen die Force in Perth in sy 75ste Superwedstryd vir die Lions ʼn span aanvoer wat ses veranderinge toon van die een wat verlede naweek teen die Jaguares deurgeskraap het.

Die hele voorry maak plek vir Jacques van Rooyen, Malcolm Marx en Ruan Dreyer, en Kwagga Smith vervang Jaco Kriel wat weens ʼn besering tuis gebly het. Twee van verlede week se voorry, Corné Fourie en Johannes Jonker, is op die bank en Robbie Coetzee vervang vir Akker van der Merwe as die plaasvervanger-haker.

Cyle Brink is die plaasvervanger in die plek van Smith.

Agterlangs kry Faf de Klerk plek in die beginspan met Ross Cronjé wat ruskans kry, en Sylvan Mahuza vervang op vleuel vir Madosh Tambwe wat by die SA o.20-groep is. Dillon Smith is die bank-skrumskakel en Anthony Volmink neem Mahuza se plek op die bank.

Lions –
15 Andries Coetzee, 14 Sylvian Mahuza, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Vorster, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Faf de Klerk, 8 Warren Whiteley (kapt.), 7 Ruan Ackermann, 6 Kwagga Smith, 5 Franco Mostert, 4 Andries Ferreira, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen. Bank: 16 Robbie Coetzee, 17 Corné Fourie, 18 Johannes Jonker, 19 Lourens Erasmus, 20 Cyle Brink, 21 Dillon Smit, 22 Jacques Nel, 23 Anthony Volmink

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.