Adriaan Strauss: Hy het baie beter verdien

Adriaan Strauss – te na gekom. (Foto: GB Jordaan)

Om te skuif of nie te skuif nie. Dit was nog altyd een van ’n rugbyspeler se moeilikste besluite wanneer hy ’n aanbod van ’n ander bond ontvang.

Gaan sy loopbaan daarby baat vind, gaan sy vaardighede verbeter, gaan hy sy volle potensiaal bereik, gaan hy Springbok word?

Jare gelede in die amateurdae is daar oor en weer geskuif, soos die oud-Springboksenter Jeremy Nel, die oud-Junior Springbokvleuel Francois Roux en die skrumskakel JP Joubert, wat die Suid-Afrikaanse rekord hou (as ek reg tel, is dit nege) eersterangse spanne wat hy verteenwoordig het.

ʼn Mag der menigte spelers in die amateurdae, soos Gert Muller, Jan Ellis, Moaner van Heerden, Wynand Claassen, Carel du Plessis, Danie Gerber, Garth Wright, André Joubert, Balie Swart, Henry Honiball, Ruben Kruger en Uli Schmidt het met vrug van bonde verander. Ander soos Helgard Muller, Os du Randt en Naka Drotske het ná net ’n paar maande weer koers gekies na hul ou bonde, daar waar hul wortels diep begrawe lê.

Dit bring ’n mens uit by die Bulls-haker Adriaan Strauss, wat Dinsdag uit die bloute aangekondig het dat hy halt roep.

Ja, Strauss (32) het reeds aan die einde van 2016 aangekondig dat hy uit internasionale rugby tree. Hy het in 66 toetse gespeel, 12 daarvan in 2016 as kaptein.

Dit was onder die afrigting van Allister Coetzee, en Strauss sal nie die nodige erkenning kry wat hom toekom nie.

Hy het ook in ’n allemintige 156 Superrugbywedstryde gespeel, 97 keer vir die Cheetahs en 59 keer vir die Bulls.
Benewens Malcolm Marx, is daar enige van die huidige Springbokhakers wat vanjaar beter as hy vertoon het?

Nee!

Daar was destyds baie redes vir Strauss se skuif van Bloemfontein na Pretoria en ja, hy het immers Springbok-kaptein geword, maar wat sou gebeur het as hy in Bloemfontein gebly het?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

volla ·

Carel du Plessis? Glo nie hy het ‘n vir ‘n ander bond as WP gespeel nie.

Ben ·

Dis irrelevant Volla….. Dis nie waaroor die berig gaan nie. Heelwat spelers het destyds net vir een bond gespeel…

GALLIE ·

Nee Carel het wel ‘n draai by die ou Transvaal gemaak en ek dink ampet sy broer Michael ook.

Louis ·

Hi Volla

Carel en sy broer Micheal het geskuif vanaf die WP na die ou Transvaal in die tyd van Dr Louis Luyt.
Geld praat my ou vriend

volla ·

Dankie, was nie bewus dat Carel het nie. Weet van die ander broers.

Herman Goosen ·

Dit is geen geheim dat sommige mense maar net nerens kom as hulle vir sekere spanne speel nie. Griekwas en Vrystaat is ‘n goeie voorbeeld. Kyk maar hoe hulle skrumskakel Super Sarel in die Super rugby die meeste driee gerduk het van al die Suid Afrikaanse spelers, maar hy was nie eens deur ou snorre as die vierde skrumskakel keuse vir die Springbokke geag nie – Skokkend! Dus is loopbaan vooruitgang ook ter sprake as mens skuiwe maak. Hoeveel Vrystaters het byvoorbeeld in die Springbok span gekom nadat hulle vir die Haaie begin speel het

Matt ·

Ja, dit is hartseer. So het die Bulle ook vir Pietman “gekoop” van die Vrystaat af en daarna net op die bank laat sit. Adriaan was voorwaar ‘n speler wat deur voorbeeld gelei het en toe eintlik nêrens gekom het nie – Allister het hom ter slagting gelei met sy derderangse keuses vir sy bokspan. Adriaan, sterkte vir die toekoms en ek weet jy sal ‘n sukses maak met dit wat jy aanpak. Jy was ‘n leier van formaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.