Afkaak-Crusader oor Stormers-gevaarvat gemaan

Richie Ma’unga – gewaarsku. (Foto: Twitter)

Asof ʼn af kakebeen nie erg genoeg is nie, het die All Black-losskakel Richie Mo’unga hom ʼn waarskuwing op die hals gehaal ná die Crusaders se Superrugby-kragmeting Saterdag teen die Stormers in Christchurch, Nieu-Seeland.

Sanzaar het Sondag in ʼn verklaring wat in Sydney, Australië, uitgereik is, aangekondig dat die uitwysingskommissaris Mo’unga gewaarsku het oor ʼn gevaarlike duikslag na aanleiding van ʼn voorval kort voor rustyd.

Kragtens die reeksreëls kan die kommissaris só ʼn waarskuwing uitreik as hy meen ʼn oortreding het nie ʼn rooikaart regverdig nie.

Mo’unga, wat goed op pad is (was) om hom as die All Blacks se tweedekeuse-losskakel ná Beauden Barrett te vestig, het kort voor die einde van die wedstryd sy kakebeen gebreek toe dit met die Stormers se Springbok-stut Steven Kitshoff se kop kennis gemaak het.

Dit het ʼn operasie genoodsaak en hy sal na verwagting minstens twee maande op die kantlyn deurbring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.