Afrigter se dood is gal in span se soetste wyn

Vir Newcastle Highlanders se tweede span is dit soos die druppel gal in die soetste wyn, waarvan die digter praat.

Die dood van sy afrigter Sondag demp die vreugde van die uitstekende seisoen wat die span tot dusver vanjaar beleef.

Sy losskakel, Janri Barnard, het Saterdag nog op dramatiese wyse met ʼn skepdoel van die laaste skrum af seker gemaak Newcastle II klop Richardsbaai II met 20-17.

Met agt oorwinnings in die KwaZulu-Natalse Premierreserweliga (Onderste Vyf) is die span boaan sy afdeling, maar pas ná sy seëvierende terugkeer moes hy Sondagoggend verneem dat sy afrigter, Fanie du Plessis, ná ʼn kort, maar pynlike stryd teen kanker oorlede is.

André Swanepoel, die klub se hoofafrigter, sê Du Plessis was ʼn jare lange staatmaker van die klub.

Wat die wedstryd betref, sê Swanepoel, wat belangrik is, is dat die span ook wegwedstryde wen.

Die heelagter, Bryan Buthelezi, het uitstekend vertoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.