Afronding, baie beserings Pumas se Achilleshiel

Brent Janse van Rensburg (Foto: Pumas)

Swak afronding en ʼn vlaag beserings is die Pumas se Achilleshiel twee weke voor die afskop van die Supersport-uitdaagreeks, die voorloper tot die Curriebekerseisoen.

Eersgenoemde beplan Brent Janse van Rensburg, die span se afrigter, om grootliks reg te stel in die Laeveldse span se laaste littelosmaker 15:00 Vrydag op Kingspark teen die Sharks.

Luidens ʼn verklaring wat in Nelspruit uitgereik is, is hy teleurgesteld dat sy span nie die afgelope Saterdag sy volgehoue druk teen die Westelike Provinsie op Nuweland in punte kon omskep nie.

Hy is egter tevrede met die mate van verbetering wat sedert die voorseisoense wedstryd teen die Lions by die Pumas ingetree het.

Janse van Rensburg twyfel nie oor die uitdaging wat die Sharks vanwee hul diepte sal bied nie. Hy het ook hoe agting vir die afrigter, Paul Anthony.

Die rits beserings is egter ʼn ander saak. Die slotte Jannie Stander en Wiehan Hay, die flank Ruben Johannes, en die agterspelers Hennie Skorbinski en Bernado Botha is almal nog op die krukkelys.

Die terugkerende beseerdes Ruwellyn Isbell, Dylan Pieterse, Brian Shabangu en Ryan Nel is uit noodsaak op die bank gekies, en sal elk net ʼn kort speelkans kry.

Janse van Rensburg het `n groep van 15 voorspelers en 12 vir die groep gekies.

Die groep –

Voorspelers

De Jay Terblanche, Marko Janse van Rensburg, Marné Coetzee, Stephan Greeff, Hugo Kloppers, Carel Grundlingh, Willie Engelbrecht, Jacques Kotzé, Simon Westraadt, Frank Herne, Louis Albertse, Tazz Fuzani, Jeremy Jordaan, Brian Shabangu, Dylan Peterson.

Agterspelers

Reynier van Rooyen, Sias Ebersohn, JP Lewis, Marlou van Niekerk, Deon Helberg, Tyler Fisher, Devon Williams, Emile Temperman, Kobus Marais, Ruwellyn Isbell, Leighton van Wyk, Ryan Nell.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.