Agt veranderings in Griekwa-span teen WP

Ná sy liederlike nederlaag van 3-41 teen die Sharks het Griekwas agt veranderings in sy opdrafspan vir Woensdag se kragmeting teen die Westelike Provinsie in Kimberley aangebring.

Die kaptein, AJ Coertzen, skuif van linkervleuel na heelagter om plek te maak vir Enver Brandt, wat van ʼn besering herstel het. George Whitehead kry op die bank plek.

Renier Botha is die skrumskakel in Rudi van Rooyen se plek. Laasgenoemde is nes Shaun McDonald, RJ Liebenberg (flanke), Ewald van der Westhuizen, Devon Martinus (stutte) en AJ le Roux (haker) heeltemal uit die 22-tal gelaat.

Sias Koen en Wendal Wehr is die nuwe flanke, Nicolaas Oosthuizen en Liam Hendricks die nuwe stutte, en Marius Fouché die nuwe haker.

Die span –

15. AJ Coertzen (kaptein), 14. Ederies Arendse, 13. Tertius Kruger, 12. Jonathan Francke, 11. Enver Brandt, 10. André Swarts, 9. Renier Botha, 8. Jonathan Janse van Rensburg, 7. Sias Koen, 6. Wendal Wehr, 5. Pieter Jansen van Vuren (onderkaptein), 4. Mzwanelo Zito, 3. Nicolaas Oosthuizen, 2. Marius Fouché, 1. Liam Hendricks. Bank: 16. Wilmar Arnoldi, 17. Stephan Kotzé, 18. Jonathan Adendorff, 19. De Wet Kruger, 20. Tiaan Dorfling, 21. George Whitehead, 22. Eric Zana.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.