Agteros trap kampioen se tjank af

Hoe is dit moontlik dat een en dieselfde span wat die een week met ʼn topteenstander afreken, net die volgende week sy tjank deur die agteros in die reeks laat aftrap?

Niemand kan die verdedigende Curriebekerkampioen, die Vrystaatse Cheetahs, se afrigter, Daan Human, verkwalik as dié vraag kom ʼn paar nagte laat wakker lê nie.

Die een week klop sy span die rammetjie-uitnek Pumas met 33-32; hy behou die wenspan onveranderd, en hy (die span) laat hom met 24-59 deur Griekwas, die agteros, in Kimberley opfrommel.

Het die Vrystaat sy fut teen die Pumas uitgespeel? Het hy die Griekwas onderskat? Het hy vergeet hoe derbies die beste uit die Diamantvelders haal? Of was hy bloot ʼn eendagwonder teen die Pumas?

Griekwas was rustyd met 24-17 voor, en het sewe verdoelde drieë teen die Vrystaters se drie gedruk.

Die puntemakers –

Griekwas 59 (24) – Drieë: Sias Koen, Christiaan Meyer, Wendal Wehr, Tertius Kruger, AJ le Roux, Enver Brandt, AJ Coetzen, Conway Pretorius. Doelskoppe: George Whitehead (5), André Swarts (3). Strafdoel: André Swarts.

Vrystaat 24 (17) – Drieë: Joseph Dweba, Chris Dry, Cecil Afrika. Doelskoppe: Robbie Petzer (3). Strafdoel: Robbie Petzer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Griekwas word nie net sommer ligtelik aangevat op Kimberley nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.