Ai, as die Kings net bietjie meer veggees wil toon …

Dis feitlik Dawid teen Goliat, of so lyk dit op die Pro14-puntelys, wat Vrydagaand se stryd tussen die Glasgow Warriors en die Southern Kings betref. Die Cheetahs sal egter Saterdagaand met meer vertroue teen Zebré opdraf.

Albei hierdie wedstryde word oorsee gespeel; die Kings in die Scotstoun Stadium teen die Warriors  en die Cheetahs in die Stadio Sergio Lanfranchi teen Zebré.

Die Glasgow Warriors  het na ses wedstryde 28 uit ʼn moontlike 30 ligapunte. Die Kings, daarenteen, het nog nie ʼn enkele punt op die puntelys nie; nie eers vir verloor met sewe of minder punte nie.

Die Kings se afrigter Deon Davids het ʼn paar skuiwe gemaak en nuwe spelers by die groep ingesluit, maar die verwagting is dat die Kings maar weer kanon voer sal wees.

As ʼn mens tog net ʼn bietjie veggees aan hulle kant kan sien, sal dit ook help … maar verwag maar nóg ʼn futlose vertonings besaai met foute.

Spanne –

Glasgow Warriors: 15 Stuart Hogg, 14 Lee Jones, 13 Nick Grigg, 12 Sam Johnson, 11 Niko Matawalu, 10 Adam Hastings, 9 George Horne, 8 Matt Fagerson, 7 Matt Smith, 6 Robert Harley, 5 Jonny Gray, 4 Scott Cummings, 3 Zander Fagerson, 2 Pat MacArthur, 1 Alex Allan. Bank: 16 George Turner, 17 Ryan Grant, 18 Adam Nicol, 19 Greg Peterson, 20 Lewis Wynne, 21 Ruaridh Jackson, 22 Stafford McDowall, 23 Lelia Masaga.

Southern Kings: 
15 Masixole Banda, 14 Yaw Penxe, 13 Berton Klaasen, 12 Luzuko Vulindlu, 11 Alshaun Bock, 10 Martin Du Toit, 9 Rudi van Rooyen, 8 Ruaan Lerm, 7 Jurie van Vuuren, 6 Andisa Ntsila, 5 Bobby de Wee, 4 Stephan Greeff, 3 Rossouw De Klerk, 2 Michael Willemse (kaptein), 1 Schalk Ferreira. Bank: 16 Tango Balekile, 17 Mzamo Majola, 18 Martin Dreyer, 19 Lubabalo Mtyanda, 20 Khaya Majola, 21 Rowan Gouws, 22 Oliver Zono, 23 Jacques Nel.

Skeidsregter: Mike Adamson (Skotland)
Assistent-skeidsregtera: Lloyd Linton, Sam Grove-White (albei Skotland)
Televisieskeidsregter: Neil Paterson (Skotland)
Afskop: 20:35 (SA tyd)

♦  Zebré vs Cheetahs

Die Cheetahs het Zebré vroeër in die reeks in Bloemfontein 54-39 geklop, agt drie teen  vyf gedruk en veral in die tweede helfte goed gespeel, ondanks die weggee van te veel drieë aan die Italiaanse besoekers.

Die Cheetahs se drie oorwinnings uit ses wedstryde was almal tuis in Bloemfontein, terwyl Zebré drie van hul laaste vyf wedstryde tuis gewen het.

Hierdie tuisveldvoordeel durf nie onderskat word nie. Boonop het Zebré die laaste wedstryd voor die drie weke se aflê teen ulster gewen – die Ierse span se enigste neerlaag in hul laaste agt Pro14-wedstryde hierdie en verlede seisoen.

Die Vrystaters is tans derde op die puntelys in groep A,  vyf punte voor Zebré wat in vierde plek is. ʼn Oorwinning sal die Cheetahs effens meer asemhaalkans gee in die reeks waar ʼn derde van die bepalings na die naweek afgehandel sal wees.

Spanne: Zebré vs Cheetahs: Nie beskikbaar nie.
Afskop: Saterdag  20:00 (18:00 SA tyd).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.