Ai, hoekom maak ons dinge makliker vir Eddie Jones?

Die Engelse rugbyafrigter, Eddie Jones, moet van oor tot oor glimlag, want Suid-Afrikaanse rugby het homself die soveelste keer in die voet geskiet.

Die Engelse rugbyseisoen bereik Saterdag op Twickenham sy hoogtepunt wanneer Saracens in die eindstryd van die Engelse Premierliga teen die Exeter Chiefs speel.

Die Engelse het ʼn week om tuis uit te rus, hul wonde te lek en hul skete af te skud voordat die toerspan van 33 lede na Suid-Afrika vertrek vir die eerste van drie toetse op 9 Junie teen die Springbokke.

En in Suid-Afrika?

Die Bokspan (glo 40 spelers) word eers Saterdagaand ná die Superrugbywedstryd tussen die Stormers en die Lions op Nuweland aangekondig.

Dan begin die balanseertoertjie, want die afrigter, Rassie Erasmus, moet sy span kies vir die niksseggende toets op 2 Junie teen Wallis in Washington.

Wie sal die span afrig? Swys de Bruin, Matthew Proudfoot, Mzwandile Stick?

Die spelers wat oorsee speel, soos Faf de Klerk, Frans Steyn, Willie le Roux en Vincent Koch, mag nie speel nie, omdat die toets buite die toetsgleuf val.

Die span sal eers die Woensdag na Washington vertrek om só vlugvoosheid te probeer systap, maar wat van die week daarna, wanneer die Bokke na Suid-Afrika terugkeer?

Dink maar terug aan hoe die Lions dieselfde roete gevolg het en die Waratahs in Sydney  geskok het, maar in hul tweede wedstryd die kluts kwyt was teen die Reds.

Boonop speel die Sharks Vrydagaand teen die Jaguares in Buenos Aires en vlieg hulle Saterdag terug na Suid-Afrika. As daar Sharks-spelers in die span vir die Wallis-toets is, beteken dit nog twee vlugte na en van die VSA … drie vlugte na en van Amerika binne 11 dae!

En dan, die groot skade wat die Ashwin Willemse-debakel veroorsaak het nadat hy Saterdagaand uit die SuperSport-ateljee gestap het omdat Nick Mallett en Naas Botha hom glo te na gekom het.

Daar is reeds bevind dat dit nie rasgedrewe was nie, maar stel die minister van sport, politieke partye, druk- en belangegroepe en sekere lede van die media daarin belang?

Intussen lek Eddie Jones sy lippe af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Veritas ·

Die Rassie-aanhangers gaan vinnig uitvind dat hy ook maar net nog ‘n mens is.

SjN ·

Kies n hele span kwotaspelers sodat die minister van sport tevrede is, hoop hul verloor honderd nul.

Michael ·

En weer eens maak SA fools van hulle self. En die wereld lag vir ons Ek het ook gehoor die rugby uitsendings het geskuif na die comedy channel op dstv.

Petrus ·

Bokke en toetse is altyd opwindend en dan natuurlik die wat moet en wat kan stories? Die Super rugby reeks is nou al vir jare ‘n probleem en sal net opgelos word wanneer SA vra dat die laaste wedstryde 3 weke voor die tyd eindig en ook dat die onnodige dubbele wedstryde soos die Sharks teen die Bulls ea stop gesit word. Dit is eentonig en vervelig.
Dit is ook jammer dat Willemse nou SA rugby met sy kleinlikheid en swak selfbeeld verder skade berokken het. Tragies ook dat swart politici en meeste swartmense in SA nou die witmense aanval, ongeag die onprofessionele optrede van ‘n swartman. Willemse het nie geweet waarvan hy praat nie, en moes nie op die dag ass anbieder diens gedoen het nie. Hy was onvoorbereid en speel nou die raskaart. Pateties!

willie ·

Wie gee nog om wat met rugby in SA gebeur, politiek het gewen! Die finale telling is Politiek 100 / Rugby 0! Ek is so jammer vir bruin, swart en wit rugby spelers wat hard gewerk het om die spel te geniet, maar weens die politieke gogga nie op metriete erken mag word nie! SA Rugby RIP!

nico k ·

Dit is darem jammer al die mense hierbo wat so lekker kry as rugby ten gronde gaan. Dit is juis die regering se doel. Hulle stel nie belang in rugby nie. Dit is nie hul sport nie. En daarom probeer hulle dit vernietig. En ons eie mense (al die kommentare hierbo) help die regering om in sy doel te slaag.

Willie ·

Joe hall verstaan my reg, ek kry nie lekker nie dit is ongelukkig die reliteite! Kyk net na sokker wat die meerderheid nie wittes se spel is en dit is NOOIT ter sprake! Die klomp huigelaars!

Joe Hall ·

Jy is ook korrek oor die sokker Willie.
Punt wat nico k maak en waarmee ek – vir wat dit werd is – saamstem, is dat ons nie moet toelaat dat die huidige regime en hul kornuite daarin slaag om ons minderheidsgroepe* se nasionale en mees geliefde sport – rugby – te vernietig nie.

* ek wil nie Afrikaner gekleurde of wit sê nie, want dan word die swepe weer uitgehaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.