Aimee eerste vrou op A-paneel; kan nou senior manswedstryde blaas

Aimee Barrett-Theron (Foto: Twitter @Springboks)

Oor ʼn jaar of wat is dit moontlik dat ʼn Suid-Afrikaanse vrou as skeidsregter in die Curriebekerreeks, of selfs in Superrugby, kan optree.

Vergesog? Allermins.

Aimee Barrett-Theron is pas saam met Cwengile “JD” Jadezweni, Stuart Berry en AJ Jacobs na die hoogste vlak van Suid-Afrikaanse skeidsregters bevorder. Sy het daarmee die eerste vrouelid van die Suid-Afrikaanse premierpaneel van skeidsregters geword, wat beteken dat sy in senior manskompetisies kan blaas.

Die 30-jarige Barrett-Theron het onlangs die openingswedstryd in die Wêreldbekertoernooi vir vroue hanteer en het ook in die eindstryd van SA Rugby se onder 20-kampioenskap geblaas.

♦  Drie senior skeidsregters, Jaco van Heerden, Pro Legoete en Lourens van der Merwe, het besluit om hul fluitjies weg te bêre. Laasgenoemde twee sal voortgaan met hul loopbane as televisieskeidsregters terwyl Van Heerden meer aandag aan sy praktyk as advokaat wil gee.

SA Rugby se skeidsregterspanele vir 2018 –

Premierpaneel: Quinton Immelman, Jaco Peyper, Rasta Rasivhenge, Egon Seconds, Marius van der Westhuizen, Stuart Berry, AJ Jacobs, Cwengile Jadezweni, Aimee Barrett-Theron.
Nasionale A-paneel: Ben Crouse, Stephan Geldenhuys, Ruhan Meiring, Paul Mente, Vusi Msibi, Jaco Pretorius, Archie Sehlako.
Nasionale B-paneel: Jaco Kotze, Pieter Maritz, Mpho Matsaung, Sindile Ngcese, Christopher Allison, Johre Botha, Griffin Colby, Jabian Jeftha, Phumzile Mbewu, Naka Bulelani, Eduan Nel, Divan Uys, Rodney Boneparte, Ricus van der Hoven.
Vrouepaneel: Siyanda Ketse, Maria Mabote, Le-Ann MacClune, Lusanda Mtiya, Ashleigh Murray, Bulela Qwane, Cameron Dyers.
Sewespaneel: Christopher Allison, Aimee Barrett-Theron, Johre Botha, Griffin Colby, Ben Crouse, Morne Ferreira, Rasta Rasivhenge.
TV-skeidsregterspaneel: Christie du Preez, Johan Greeff, Marius Jonker, Joey Klaaste-Salmans, Shaun Veldsman, Willie Vos, JJ Wagner, Lourens van der Merwe, Pro Legoete.
Keurders: Banks Yantolo, Eugene Daniels, Dennis Immelman, Mark Lawrence, Balie Swart, Deon van Blommestein. Nasionale hersieningsbeamptes: Jacques Hugo, Dennis Immelman, Thuso Mngqibisa, Willie Roos, Johann Alberts, Willie Hess, Dawie Oberholzer, Arthur Southgate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.