Akker kan maar sy Springbokbaadjie se mate laat neem

Akker van der Merwe – sy groot kans is om die draai. (Foto: GB Jordaan)

Wanneer jy in rugby ʼn kans kry, gryp jy dit met albei hande aan, soos Akker van der Merwe.

Slegs twee weke gelede was hy nog een van die Sharks se drie hakers en is hy saam met Franco Marais en Chiliboy Ralepelle in die Superrugbyreeks geroteer.

Nou is Van der Merwe (26) byna verseker van die Springbokke se nr.2-trui nadat Malcolm Marx ʼn dyspiertendon teen die Hurricanes geskeur het en vir minstens ses weke langs die kantlyn sal wees.

Van der Merwe moes ʼn lang paadjie stap voordat sy drome binne die volgende paar dae bewaarheid sal word wanneer die Bokafrigter, Rassie Erasmus, sy Springbokgroep vir die komende toetswedstryde teen Wallis en Engeland sal aankondig.

Tensy iets drasties verkeerd loop, sál Akker se naam uitgelees word.

Maar hy moes ook, soos honderde spelers voor hom, die lang paadjie stap, kanse waag en loopbaanbesluite neem wat nie altyd sin gemaak het nie.

Hy was ʼn leerling aan die Hoërskool Outeniqua in George waar hy in 2009 die SWD-Cravenweekspan gehaal het voordat hy na die Pukke in Potchefstroom is. Dáár het hy vir die Luiperds se o.19- en o.21-spanne, die Pukke en die Luiperds gespeel.

Ná Johan Ackermann hom raakgesien het, het hy later vir die Lions en Leeus (Super- en Curriebekerspanne) begin speel.

Maar Van der Merwe het in Marx se skaduwee beweeg en was meer op die bank as enigiets anders. Toe besluit hy om na Durban te verhuis, waar hy saam met Marais en Ralepelle sy beurt moes afwag.

Van der Merwe was op die regte tyd op die regte plek. Hy het in twee seisoene nege Curriebeker- en net vyf Superwedstryde gespeel, maar was in die Sharks se beginspan toe die noodlot Marx getref het.

♦ Van der Merwe se jonger broer, die vleuel Duhan van der Merwe (22), is byna in dieselfde bootjie. Ook aan die Hoërskool Outeniqua , toe by die Blou Bulle, Montpellier in Frankryk en nou by Edinburgh in Skotland, waar hulle gaande is oor sy driedrukvermoë.

Die een Van der Merwe se beker loop binnekort oor. Gaan die ander een ook eendag sy kans kry?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lcpm ·

Hy is tops, my eerste keuse. Hou maar dop, sy spell is onderskat net soos Faf ons kan hom nie ook verloor nie. Hierdie is GOLD.

Josua Keys ·

Akker en Marx is die beste hakers in SA die enigste ding wat Akker uit die bok span kan hou is n Kwota aanstelling en op die stadium is daar nie een wat die gehalte rugby kan speel soos Akker nie, hy was een van die sterk punte waarom die Lions en Leeus so goed gedoen het, Akker moes nooit die leeus verlaat het nie hy het net eenvoudig te goed in hul spel patroon ingepas. En wat skrumskakels aanbetref is Dallion Smit en Ross Cronje die antwoord en Du plessis of Du Preez op Losskakel, Jantjies moet eers weer klub rugby gaam speel, Skakelpaar volgens my beslis Dillion en Du Plessis alby vinnige dinkers op hul voete

Frik ·

Hulle sal eerder vir Strauss kies wat drie goeie wedstryde in twee jaar gespeel het as om vir Akker te kies wat al drie jaar kookwater rugby speel !!! Akker se lynstaan ingooie lol partykeer bietjie maar dis al tekkortkoming in sy spel. Hy moes al lankal n toetsrugby gespeel het al wat dit 20 toetse van die bank af as n impakspeler.

Maar SA rugby het mos daai manier om alles op te dons.

nico k ·

Die berig klink asof dit ‘n feit is dat hy gekies gaan word. Ek het nie ‘n probleem daarmee nie, maar is dit ‘n feit?

Oom Jan ·

Ons moet kyk na die werk wat ‘n No 2 moet doen sy (JD). Ons vergeet dat daar 15 man is wat die game speel en die bal van hulle doel lyn tot die ander lyn moet dra om punte aan te teken , elke een het sy job soos die engelsman se. N’ No 2 moet kan skrum en taktiek toe pas saam met sy voor ry om die bal daar voor te wen, lyn balle in gooi en sy nommers kry , los balle wen vir die agterlyn en dryf met die bal. Ek glo elke speler op die veld wil die drie in die game druk maar daar is mane vir die werk ons noem hulle die vleels en senters. Kom ons kyk nie oor ander wat hulle werk goed doen en nie erken word nie. Op pappier se ons hulle is die beste No: 2 maar hulle is nie by die groen en goud nie. Maar wat weet Oom Jan. Groete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.